question-circle Deurmekaar...

12 years 8 months ago #246798 by minki.vandriel
Replied by minki.vandriel on topic Deurmekaar...
Ai sterkte PikkewynQ! Jammer ek het ongelukkig nie raad of ervaring daarmee nie :( Hoop dinge gebeur sommer vinnig vir jou! Ek weet van 'n paar vriendinne wat vir allerhande hormoon behandelings was en die oomblik toe hulle opgee, toe raak hulle vanself swanger! Net amazing!

Wys jou net hoe God op die ou end besluit wat die regte tyd is, ne. Hou vir jou styf duimvas!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246796 by PikkewynQ
Replied by PikkewynQ on topic Deurmekaar...
Hi clueless

Dit gee mens bietjie hoop!

Ek hou duime en tone vas dat ons geseen word met n baba*
Ek was toe gister by die gynea. Hyt nie regtig veel gese oor die pyn nie. Dat dit maskien infeksie was of 'n baie goeie ovulasie.

Ongelukkig nou uitgevind ny linker buis is heeltemal geblok en werk gladni. Maar dank die Here ek het 'n gesonde regter buis :cheer:

Ironies dat dit jou Feb 2013 getref het haha.
Baie dankie vir die reply :-)

Lekker dag aan almal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246793 by Clueless
Replied by Clueless on topic Deurmekaar...
Hi dames,

Welkom hier!!

Pikkewyn, wat jy beskryf het ek ondervind toe ek swanger geraak het met my dogtertjie. Ons het jare lank probeer swanger raak en later maar meestal aanvaar dat dit nie gaan gebeur nie. In Feb 2013 het ek vreeslike krampe gehad, omtrent vanaf ovulasie tot die dag wat ek moes begin AF, maar geen AF. Seer borste ook. Tipies PMS simptome, net erger as gewoonlik en op die verkeerde tyd.

Ek het my GP gaan sien want ek het gedink dis agv iets ernstigs verkeerd, net om te hoor "Congrats, you're pregnant!" Ek was so geskok ek het omtrent die heel dag in trane spandeer!

Hoop in jou geval is dit ook n goeie teken en n gelukkige einde (begin?)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246768 by Zarah
Replied by Zarah on topic Deurmekaar...
Hi PikkewynQ

Ons het n Afrikaanse thread vir dames wat TTC. Click op die link hieronder
www.moomie.co.za/forum/15-trying-to-conc...angerskap?start=3220

Dan het ons ook n aparte link vir dames wat al lank sukkel (soos myself). Loer bietjie en kom join ons
www.moomie.co.za/forum/15-trying-to-conc...adjie-stap?start=320

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246757 by PikkewynQ
Replied by PikkewynQ on topic Deurmekaar...
Ek en manlief ttc vanaf Feb 2013. Nog niks sover.
2 Weke terug laparoscopy gehad (04/02/14),buise gekyk en 8cm cyst verwyder.Gaan vandag vir my 2 weke checkup. Ek sit met laerug pyn,sensitiewe borste en pyn amper soos AF. Pyn het begin saam ovulasie (13/02/2014) Vandag is pyn ligter maar nog daar. Het enige iemand dieselfde al ervaar? Nog nooit so iets voorheen gehad. Kry gewoonlik pyn met ovulasie maar gewoonlik 1 dag voor en dag van ovulasie dan is dit weg.

Dankie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246755 by PikkewynQ
Replied by PikkewynQ on topic Deurmekaar...
Hi Minki

Ek probeer my boodskap post en hy wys op preview maar as ek hom submit post hy net die eerste sinnetjie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246753 by minki.vandriel
Replied by minki.vandriel on topic Deurmekaar...
Hi PikkewynQ,

Welkom! Ek het ook gister eers aangesluit, so figure ook nog alles bietjie uit :) Ek het gedink dit kan lekker wees om met nog swanger mammas hier te gesels..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account