hmmm, ek vind met die wat ek so vooruit gekoop het, het dit regtig my baie geld gespaar, maar op die ou end het ek baie ekstra werk gehad om die goed weer te gaan omruil EN DAN wou meeste plekke nie die goed regtig omruil nie omdat ek dit op helse SALES gekoop het.
Wat hoe ek dit normaal weg gedoen het, is soos nou wat dit winter raak het hulle MOERSE SALES op die somers klere, dan het ek solank vir die somer gekoop, en dan as die winter weer verby is, koop ek vir die volgende winter want alles wat nie verkoop het nie is op SALE....
Maar soos ek se, dit alles omver gegooi want Corlia is baie kleiner as wat ek verwag het en somige goed te klein vir Kaylee en ek kort groter....
En ek vat toe ek die goed gekoop het soos ek het vroeer, het ek tot 70% minder op die goed betaal as wat dit normaal weg geprys is.
ek is so so so deurmekaar!!!
Joli, skoene koop ek ook nie vooruit nie, maar ek het hulle klerekas uitgewerk vir atleast 2 stelle klere vir elke dag van die week. en dan so 2 tot 4 mooi naweek klere...
Vir elkeen van hulle het ek 10 stelle pjs aangeskap vir die winter en dit werk goed met die hoeveelheid....
Kom ek se vir jou, ek koop meeste van hulle goed by PEP en JET en dan ook Ackermans, en daai goed hou vir die seisoen. Ek hoor van duurder koop, maar dan koop ek eerder n stel of 2 meer as wat ek amper 300% die prys meer betaal. En Woolworths en Edgars se goed het my al baie in die steek gelaat.