file 16 Maande en slaapgewoontes

16 years 4 months ago #65619 by Kinderelomelo
Hlise wrote:

Hallo julle

Soos ek gesê het was sy effe siek die laaste ruk en maak altyd seker dat sy haar medisyne kry en gemaklik voel. Haar pappa was ook baie weg met werk die laaste ruk maar dis omtrent die enigste verandering.

Enige hulp of voorstelle sal waardeer word. Ek is baie besig by die werk en voel nou regtig moeg. Elke aand is dit regtig omtrent 10 keer en partykeer tot 5 kere in 'n uur. :unsure:

Net om by te voeg - wanneer ek by haar in die bedjie klim of haar vashou raak sy gelukkig vinnig aan die slaap so sy word wakker en met bietjie liefde en vertroosting raak sy omtrent dadelik aan die slaap.


My Dogtertjie se groot slapprobleme het op 18 maande begin toe haar pappa begin gereeld weggaan vir die werk, hy is nogsteeds baie uitstedig en ons sukkel geweldig met haar al is hy daar. Die dr het gese dit kan wees dat sy so baie wakker raak om net seker te maak ons is nog daar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #65344 by memo
Replied by memo on topic Re:16 Maande en slaapgewoontes
As sy beter voel as jy by haar is... :dry: mag sy dan nie dalk vir n rukkie by jou slaap nie?

Natural birth mom, breastfeeding.
Baby boy born 17 March 2010

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #64244 by gloeiwurmpie
Ek wou als skryf wat almal reeds gese het. Ditto!!!

Ek het by Dischem "Quietude" gekry. Dit is 'n stroop baie soortgelyk aan rescue remedy. Dit kan elke dag gegee word. Dit is vir ligte slaap stoornisse. Mar, my eerlike opinie, so iets kan bietjie help, maar as die probleem iets is soos bg, gan dit nie 'n wonderkuur wees nie.

My vriendin het deur dieselfde gegaan op daardie ouderdom, en dit was kiestande.

Maar moet nie seperation anxiety onderskat nie!

My vriendin se dr. het aanbeveel om 1 (EEN) keer per week miskien Stopayne te gee voor slaap tyd (hou by korrekte dosis), net sodat jy 'n bietjie slaap kan inkry. Ek is nie een vir kinders dope nie, maar ek dink wanneer ouers begin uitmekaar val van min slaap, het dit 'n nog slegter effek op jou kind. Mens sal ook nie vir die res van hul lewens een ker per week stroop gee nie, net totdat dinge weer beter gaan.

Sterkte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #64203 by Hlise
Dankie almal! Ek waardeer almal se insae - ek gaan defenitief van jul idees probeer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #47580 by Kinderelomelo
Hi Hlise

My seuntjie is presies die selfde maar net 2 maande jonger. Hy het altyd mooi deurgeslaap na sy dag se routiene. Hy kry ook baie tande nou en is ook maar bietjie siekies gewees met die tande kry. Ek weet skeidingangs speel 'n groot rol tussen 12 en 18 maande so dit is dalk dit. Al hoe ek my boeta weer aan die slaap kry is met 'n bottel so hy drink soms 2 na 3 bottels in die nag wat seker nie so goed kan wees nie en dan is sy doek regdeur nat na sy klere tot in sy beddegoed omtrent elke aand. Dit het ongelukkig 'n gewoonte geraak. Hy weier om in die bed met ons te klim, hy dink dit is dan speeltyd as ek hom uit sy kamer neem. Ek het om onlangs sister Lillian se Rescue Rest begin gee en dit het tog begin help. Jy kan dit dalk probeer?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #47526 by Want2Btiny
Hi,

My dogtertjie is die 20 Junie, 16 maande oud en ek sou se dit kan verskeie redes wees! Dink Angie kan in die kol wees!

Ek het seker so 2 maande terug toe Linique begin loop het net so moedeloos geraak, want toe het sy ook glad nie deurgeslaap nie, alhoewel sy al van dat sy 8 weekies oud was deurgeslaap het! Ek het baie daaroor gaan lees en agtergekom dat die spesifieke keer was omdat sy 'n "groot" mylpaal in haar lewe bereik het! So hou dit in gedagte en dan 'n ander ding is sekuriteit!

Ons het een Saterdag na vriende van ons se seuntjie gekyk wat so 5 weke ouer as Linique is en ek het vir meer as 'n week daarna met haar gesukkel, dink dit het haar onseker laat voel, sy het ook in die nag huilend wakker geword tot ek haar optel en dan in my arms aan die slaap geraak (En dis iets wat net gebeur as sy siek is) - Miskien is dit wat aan die gang is, omdat jy se haar pappa was die laaste tyd minder by die huis!

Ek vertel nou maar net vir jou my eie ondervindings, miskien help dit!

Dan is ek van nature 'n baie streng mens en hou by roetine, maar as L so raak voel ek dit werk beter wanneer ek haar behoeftes probeer bevredig, al moet ek haar by ons in die bed sit as dit moet! Ek weet hulle bederf op die stadium baie maklik, maar as mens vir 2 ure in die koue moet sukkel dat hulle dudu, dan probeer ek maar iets anders!

L suig nie meer dummy nie, maar slaap met haar bottel en al is hy dolleeg, is dit steeds 'n troos!

Hoop julle slaap gou weer beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #46037 by Angie
JOng, dis 'n moeilike een, ek sou definitief nie nou begin om vir haar melk deur die nag te gee, as sy al so lank daarsonder kon klaarkom nie dan dink ek nie sy het dit nou ewe skielik nodig nie.
Dit kan dalk tande wees, my seuntjie is nou 19 maande en het so rukkie terug sy groot 'molars' gesny en sy slaap patroon is daardeur geaffekteer.
Is sy warm genoeg deur die nag - partykeer as die temperatuur wissel deur die nag, en skielik kouer word, en hul skop hul oop of is nie warm genoeg nie, dan word hul wakker, en dalk as jy dan teen haar lê broei jy haar warm en dan raak sy weer rustig.
EK weet nie wat anders nie, dis nou maar die twee goedjies wat ek al gesien het met my knapie onrustigheid in die nag veroorsaak het!
Ek hoop dit help bietjie! Sterkte!
Sjoe, jou dogertjie is nogal oulik as julle al saam bid en so. Ek moet sê ons probeer my knapie leer, maar hy verstaan nog nie rerig nie, as ons sê maak ogies toe dan is dit vir hom vreeslik snaaks en raak 'n speletjie. Hoe het jul dit vir haar geleer? Ai, nou vra ek weer vir jou 'n vraag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account