Hallo!
Ek is Lesley en ek is nuut op die forum.
Ek, my man en ons 5 maande oue dogtertjie woon tans in die Oos-Rand, Gauteng.
Ek het besluit om by die forum aan te sluit in die hoop om nuwe mamma-vriendinne te ontmoet. Ons is 'n jong paartjie (my man is 25 en ek 22) en al ons vriende is op verskillende paaie in die lewe. Meeste studeer nog, of het pas begin werk en is nog nie naastenby in die "parenting" fase nie. Dit maak dit baie moeilik om oor dieselfde tipe goed te gesels. Selfs om net te besluit op 'n tyd vir 'n vinnige bymekaar kom sessie, is amper onmoontlik met my crazy-loskop-jong vriendinne, om een of ander rede moet als in die aand gebeur wanneer jy studeer... verstaan hul dan nie die aand is bedoel vir soete slaap nie? (en as ek sê aand, dan bedoel ek enige tyd van 6:30 af, is 'n goeie tyd om te gaan inkruip!

)
Dit sal wonderlik wees om jong mense te ontmoet saam met wie ons 'n koppie koffie kan gaan drink so tussen deur die gejaagde lewe van ouer-wees. Ek dink dit doen iets vir die siel om saam met ander te sit en te gesels wat in min of meer dieselfde situasie as jyself is.
As daar ENIGE iemand is wat bereid is om saam met my 'n stuk koek en 'n koppie koffie te geniet, terwyl daar stukkies klei in my hare, blink snot strepies oor my splinternuwe SWART badjie is en 'n spoegdoek oor die skouer hang, Stuur asb vir my 'n private message, I am dying to meet someone who understands!

Lesley