Ongelukkig is albei die hospitale wat jy noem baie baie baie pro-keiser. Jammer om dit te se, maar selfs al gaan jy op die hospitaal toer en hulle vertel vir jou hoe hulle normale geboortes geniet, hulle ken dit nie! Ek sou regtig aanbeveel dat jy eerder na die vroedvrou opsie kyk. Ons is baie bevoorreg in Pretoria om wonderlike vroedvrouens te he wat ongelooflik ervare is en hand aan hand met regtige great gynies werk.
Maar as jy regtig graag die gewone hospitaal dingetjie wil doen, kontak my vir HypnoBirthing, 'n paar van my kliente het wel al by Pta Oos normaal gekraam en daar is een gyni wat nogal meer vir normaal is.
Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)
Was sy/hy en die hospitaal pro natuurlike geboorte?
Laat weet maar asb, hierdie brein van my probeer soveel moontlik inligting verwerk voor ek 'n keuse probeer maak. 2de opsie sal Kloof wees, maar soek baie graag privaat kamer.