Hi Hannelie,
Ons is nou wel nie in Moreletapark nie maar ek kan vir jou vertel uit my ondervinding (in Centurion). Ons het baie aanbevelings gekry maar al wat op die ou eiende gehelp het was dat ek en my man gewapen met 'n "checklist" (hoeveel kinders per onderwyseres, watter tipe stimulasie, is daar 'n vasgestelde curruculum vir hulle ontwikkeling, is daar buitemuurse aktiwiteite, hoe is die sekuriteit ens ens) na al die kleuterskole / chreches in die omgewing gegaan het en hulle so geevalueer het. Ons het ook die name gekry deur rond te ry en te sien wat is lekker naby aan die huis en waar ons vinnig sal kan kom, selfs al is daar verkeer in die oggend of middag.
Jammer ek kon nie vir jou 'n naam gee nie maar dalk help ons ondervinding?
O ja, laaste ding - as jy by 'n plek in-of uitstap gaan jou mamma-sense vir jou laat weet of van die plek hou of nie - vertrou dit!