Willie-John le Hanie ... Baba van die week Featured

Willie-John, 6 maande oud, se gunsteling-speelding is sy toontjies.

 

Op hoeveel weke is hy gebore?

Op 39 weke.

Hoeveel het hy geweeg met geboorte?

Hy het 2.73kg geweeg.

Mylpale – op hoeveel maande het hy:

Op sy eie gesit? Op ses maande.

Sy eerste tand gesny: Ook op ses maande.

Waarmee speel hy graag?

Hy speel graag met sy tone, dis so oulik.

Wat is sy gunsteling-kos? 

Ek borsvoed nog. Ons sukkel bietjie met die vaste kos, maar hy hou van piesangs en vingerbeskuitjies

Hoe slaap hy in die nag? 

Hy slaap baie goed in die aande. Hy word net een keer wakker vir 'n voeding. Nou dat hy besig is om tande te sny, is hy effe rusteloos.

By wie bly hy deur die dag?

Ek is bevoorreg dat hy bedags by my kan bly.

Wat doen hy wat vir jou baie oulik is? 

Hy is die heel mooiste en vriendelikste babatjie. Hy is sy mamma se gorgeous klein mensie.

Hoe het ouerskap jou lewe verander? 

Dit het my lewe heeltemal verander. Mens droom in die begin voor jy kinders het van hierdie oulike babatjie en hoe dit gaan wees. Maar die werklikheid is anders. Mens is so lief vir hulle dat jy bang is jy doen iets iewers verkeerd. Van die eerste dag af, bors of bottel, huis, kleuterskool, speelgroep, dan is dit weer as hulle nie wil eet nie. Wat moet jy doen? My oudste seuntjie het vreeslik sleg geslaap, ek moes sleep training toepas. Maar behalwe al hierdie ‘ek weet nie’s’ is dit die lekkerste lekker om hierdie lyfies elke dag by jou te hê, op te soen, stywe drukkies te gee en hulle oulike sê-goed te hoor. Hulle is so perfek geskape. Die Here het my regtig bederf om hierdie twee seuntjies te kan hê. Hulle is my wêreld, my bestaan, my oggend en my aand, hulle is kos vir my hart en siel.

 

Read 962 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account