times Borsvoed

11 years 9 months ago #253705 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Borsvoed
Hi APotgieter,

Dit is natuurlik jou keuse en ek twyfel of die hosptiaal vreeslik gekant sal wees daarteen as jy besluit jy wil nie borsvoed nie.
As jy wel wil probeer borsvoed, kontak my gerus. Ek is 'n doula en help gereeld vrouens na die geboorte van hul babas met borsvoeding.

Dit klink of jy dalk die verkeerde inligting gekry het by die hospitaal waar jou eerste gebore is. Baba se magie is op dag 1 maar 5 ml groot. Daarom moet baba baie gereeld drink aan die begin. Jou melk sal eers teen dag 3 inkom na 'n normale geboorte en soms eers op dag 5 na 'n keiser. Tot dan produseer jou liggaam colostrum wat ontsettend voordelig is vir jou baba.

Moet asb nie verkeerd verstaan nie, ek veroordeel glad nie, as jy nie wil borsvoed nie, 100%. As jy wel wil probeer, maak seker jy kry goeie ondersteuning. Ek woon in Pretoria en sal jou in die hospitaal kom besoek as jy naby is en wil borsvoed.

Jy kan my kontak by anina@beautifullyborn.co.za

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253693 by blessedmom
Replied by blessedmom on topic Borsvoed
Hi APotgieter

Ek het nou 'n lang post getik en toe verdwyn als!!!! :headbang:

Ek het nou nie almal se comments gelees nie so jammer as ek dinge herhaal.

Ek stel definitief voor dat jy by La Leche League SA op fb aansluit. Ja, sommige ma's is baie passievol daar & partykeer judgy maar dit het niks met die leidsters uit te waai nie & jy kan direk 'n leidster inbox vir spesifieke vrae of hulle direk op die groep vra.

Ek het nie my 1ste geborsvoed nie. Was 25 toe ek haar gehad het. Het niks van borsvoeding geweet nie en het al vroeg in hospitaal opgee omdat die personeel ook nie baie ondersteunend was nie & te maklik na formule gryp & ek is baie spyt daaroor.

Met my seuntjie was ek vasbeslote om te borsvoed. Ek het die La Leche League gejoin toe hy 3weke oud was omdat daar 'n paar goedjies was wat ek oor getwyfel het maar ek het vinnig begin navorsing doen en oplees & baie geleer op daai fb groep.

Daar was 'n paar keer wat ek net wou opgee en dit oor simpel redes maar daar was net geen manier wat hy formule kry nie. Dit was net nie op die kaarte vir ons nie & ek is so dankbaar dat ek deurgedruk het want daai band is net 'n ander band. Hy is nou al 2jr oud & hy is so lief vir sy "melkies" en ek myself geniet dit so baie.

Jy kan ook onder Moomie se artikel seksie kyk. Ek het 5 artikels oor borsvoeding geskryf en een van hulle gaan oor al die mites rondom dit.
Soek maar net vir my naam in die artikel - Juanne Cronje want daar is 'n paar ander wat ek nie geskryf het nie :-)

Ek kan gou 'n paar vlugtige goed noem:

1) 'n baba kort basies net 5ml colostrum per voeding die eerste paar dae so jy sal definitief genoeg hê.
2) Melk kom gewoonlik in op dag 3-5.
3) Borsvoed babas drink baie meer as formule babas want borsmelk verteer binne 90min en dit sal voel of daai kleintjie permanent op die bors is maar dis NORMAAL.
4) Borsvoed babas moet gemiddeld tussen 8-12 keer 'n dag drink. Moenie skedule voedings doen nie want dit sal jou supply begin beinvloed. Als gaan oor supply & demand. Hoe meer baba drink, hoe meer melk sal jy maak.
5) Die latch is baie belangrik want dit beinvloed hoeveel melk gedrain word, voorkoming van seer tepels want 'n swallow latch gaan baie eina maak. Bietjie sensitiwiteit met elke latch in die begin is normaal maar dit moenie huilend seer wees, rou word of bloei nie. Jy kan vir laser terapie vra in die hospitaal as dit nou bietjie sensitief begin raak.
6) Moenie eers in die hospitaal skedule voeding doen nie. Gee daai bors soveel as wat baba dit soek.
7) Verkieslik geen dummies in die eerste paar weke nie want dit kan nipple confusion veroorsaak
8) Uitmelk is ook geen indikasie van hoeveel melk jy het nie want nie almal respond goed met pompe nie en geen pomp kom naby 'n baba se suig aksie nie. So jy kan dalk net 60ml uitkry maar jou baba kan baie meer per voeding uitkry. Ons borste is nie deurskynend nie en vir 'n goeie rede want ons is nie veronderstel om te sien hoeveel daar uitkom nie :cheer:
9) Jy sal weet dmv hoeveel baba optel, groei in lengte en kop grootte en hoeveel nat en vuildoeke hulle het.

Sjoe, daar is so baie goed wat ek nog kan noem maar kan nie nou aan als dink nie.
Laat weet as jy iets spesifieks wil weet.

Maar moenie nou al tou ingooi nie. Gee dit nog 'n kans. Dit is regtig die moeite werd om net daai eerste 6weke deur te druk en as dit nou nie werk nie, dan gaan oor na formule toe maar ongelukkig is daar geen formule op die mark wat naastenby dieselfde inhoud as borsmelk het nie. Formule het sy plek in die mark maar bemarking jok vir ouers en sê hierdie spesifieke maak is amper nes borsmelk maar dit kom nie close nie. Ek het 'n prentjie van bestanddele wat die verskil wys tussen formule en borsmelk & dis skokkend.

Sterkte!
The following user(s) said Thank You: gloeiwurmpie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253462 by DieSwartKat
Replied by DieSwartKat on topic Borsvoed
Hi APotgieter,

Net 'n stukkie raad van my kant af: ek my ook morsdood gesukkel met die uitpomp aan die begin. 'n Vriendin het vir my gesê om altyd eers 'n warm bad of stort te neem en dan te pomp. Ek het dit probeer na my oggend-stort, en glo my, dit het soos riviere gevloei. Hou dit in gedagte, sommige van ons het nie 'n skakelaar wat jy kan flip en dan skielik net emmers vol kan pomp nie :kiss:

Dan sal ek ook ten sterkste Lansinoh se "Gel Soothies" aanbeveel, dis basies klein gel-goetertjies wat jy by jou bra insit om jou seer borste te sus. Dis by dischem en clicks beskikbaar, rondom R120. Baie handig om in die huis te hê. Terloops, koolblare werk ook regtig (ou boereraat), maar jou vriende/familie ruik jou 'n myl ver!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253449 by StellaK
Replied by StellaK on topic Borsvoed
ek het 'n aaklige ervaring in die hospitaal gehad met borsvoed en die susters daar druk mens nogal vir bottel melk, want dis vir hulle gerieflik. 2 het vir my gese ek sal gladnie kan borsvoed nie.
ek het geweier om dit te aanvaar en ook dat hulle vir hom blikmelk gee. het toe druppel vir druppel op my vinger uitgedruk en in sy mondjie gesit.
kom toe uiteindelik by iemand wat bereid was om regtig te help en daar kry ons dit dadelik reg.
ek het vir amper 2 maande lank vrek seer gehad, hy het my stukkend gesuig. ekt baie laat eers uitgevind van die fisio se lasar. so na 'n paar sessies toe voel dit beter.
hy is vandag 8 maande oud en ek borvoed steeds, maar ek kan ook baie min uitpomp.

so as jy weer wou probeer, moenie moedeloos raak as dit seer is (jy kan in die hospitaal al lasar kry as dit seer is) of oor jy nie kan uitpomp nie.
en as jy daarteen besluit, moenie toelaat dat mense jou laat skuldig voel nie. (hier en daar gaan jy mense kry wat jou gaan judge, maar mense is mos mar baie wreed en ongevoelig partykeer) op die ou end is dit 1 van vele aspekte van jou en baba se vehouding, en hoe jy voer gaan nie skade doen aan jul verhouding nie

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253445 by APotgieter
Replied by APotgieter on topic Borsvoed
Ag baie dankie vir julle almal se boodskappe ek was so bang want mense kan so judgmental wees

Ek wil net die keer als rustig he en n rustige baba he die eerste keer was so deur mekaar gewees.

My seuntjie was op 37 weke gebore deur n keiser hy het 3.8 kg geweeg en daar was nie plek vir hom om te sak nie

Ek was laas by die dr op 31 weke en toe weeg baba al 2.170 so die volg mooi in sy boetjie se voetspore sal maar moet sien hoe groot die ene word

[link=http://lilypie.com] [/link][link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253434 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Borsvoed
Ek voel jy moet doen wat die beste vir jou is... En natuurlik ook die baba maar indien jy nie kan nie dan kan jy n ie.

Ongelukkig is ek baie dom met borsvoeding omdat ek dit glad nie gedoen het nie so kan nie regtig raad gee nie maar lyk my die dames dink beslis dit is goed as jy 60ml kon uit kry... :-)

Lekekr dag julle

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253433 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Borsvoed
Hello

Ek het n paar jaar terug voor my seuntjie se geboorte my borse kleiner gemaak dus het ek geweet ek het 50% kans om te kan borsvoed. Van die begin af het ek net gese indien ek kan great indien nie dan kan ek nie...en ek gaan ook nie dat ander mense se opinies my onder kry nie. SO is my seuntjie gebore en het hulle hom op my gesit om te borsvoed ek kon glad nie.... later het hulle hom weer gebring om te drink en steeds kon ek nie en het ek net met hom gebond. Ek het van die begin af my steriliseerder en bottels saam gevat en sommer dadelik vir die pediater gevra watse melk kan ek gee en my man het dit ook dadelik gebring dat hy melkies kan kry .... Deur die nag het hulle hom met n koppie of lepeltjie melk gegee en eers na ek die volgende dag geteken het dat ek nie gaan borsvoed nie het hulle bottel gegee dr het toe sommer ook dadelik pilletjies gegee net vir ingeval....

Baie se dat bottel babas baie oorgewig is - my suentjie was glad nie oorgwig of sieklik nie....

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account