ai, dis aaklig. baie sterkte daar.
ek het nie baie raad nie, maar is deur dieselfde drama met suiwel allergie - en dit was net met 1 formule bottel 'n dag.
na maande se drama het ek net besluit tot hiertoe en nie verder nie, desember het ek alle formule gestop en wanneer ek dan nie kan borsvoed nie, kry boeta maar water en kossies. 6 weke later toe begin hy weer beter slaap, en al die moeilikheid is uit sy lyfie uit.
hy is nou 10 maande, en seker nog te klein om gladnie melk deur die dag te kry nie, maar hy is baie gesonder. deur die dag by die skool kry hy net water en tee en kos, dan borsvoed ek vroeg oggend en in die aande.
ek het wel vrek baie opgelees hieroor en lyk my meeste babas ontgroei allergies hier by 2
so ek het besluit om alle suiwel uit te sny tot 12 maande. dan sal ek toets met bietjie jogert en kyk hoe reageer hy. as hy nie 'n negatiewe reaksie het nie, dan sal ek bitter stadig begin suiwel producte by sy dieet insluit. as dit sleg gaan, sal ek wag en op 18 maande weer toets, dan weer op 24.
hoe oud is baba?