Ek was swanger en gereeld bloeding gekry, is opgeneem in die hospitaal en toe ek gaan vir die opvolg ondersoek by die ginekoloog toe kry ons die slegte nuus dat net die vrugsakkie ontwikkel het en nie die baba nie en ek moes gaan vir skraap so gou as mootlik die bloedtoetse het toe ook bevestig wat die sonar gewys het ( daar was geen hartkloppie nie).
Ek het gegaan vir die skraap het so bietjie bloeding gehad maar nie te erg nie maar het die middag daarna erg begin vloei wat gepaard gegaan het met baie pyn. Dr het my toe op medikasie gesit wat tot 'n mate gehelp het die bloeding en pyn het gewissel en was nie meer so aanhoudend nie. Ek het laas week in die aande baie pyn en redelike vloei gehad maar dan in die dag en nag niks nie, en toe is daar niks vir hele paar dae nie en toe word ek die week een nag wakker van die pyn en toe is daar weer vloei. Toe weer niks vir paar dae nie en toe nou vanmiddag kry ek skielik pyn en toe is daar weer erg vleoi, is dit moontlike menstruasie of is dit nog bloeding van die skraap? Ons is redelik ver van 'n ordentlike hospitaal en die ginekoloog.
Al hoewel daar nie ontwikkeling was van die baba nie was ek in my hart en gedagtes swanger en ek sukkel om dit te verwerk, dit is besonders erg vir my om swanger vrouens en mammas met klein kinders te sien ek kan my verkyk aan hulle en voor ek weer kan kry dan loop die trane..
Ek het uitgevind in engels noem hulle dit blighted ovum is daar enige iemand wat ook so iets deurgemaak het ek sal enige opinies en raad verwelkom