Hi Julle,
Sjoe, vandag was besig, met die ligte soek vir Shumba's -Daarna het ons gaan koffie drink by Cafe Rosinni! Wel, hulle Cuppacino's is hemels! Anyway, Pappa het bietjie gebabysit! Hy grom bietjie... maar dis sy verdiende loon... Hy wou mos aanbied!!! Doek en kosgee!
Ek het vanmiddag my straf gekry by Luwan - hy het letterlik geklou aan my! Dink hy het gedink ek kom nooit weer terug nie! Siestog my engeltjie! Ek het hom so gemis!
Hy wou nie slaap nie, toe maak ek vir hom 'n tuisgemaakte kar met 'n boks en kussings. Ek moes hom toe deur die hele huis rondtrek!! Daarna was ek sy baba... Hy het my sy bottel gegee, my gepat om te doedoe (en gesing doedoe baba), en as ek aanhou huil, het hy my so styf vasgehou! Regte klein moedertjie!!!

Dit was wonderlike oomblike, net jammer mens kan nie elke oomblik "record" nie!
Ag toggie, nou is ek sommer in elk geval in trane!!! Ek wil al die heeldag net huil... September is vir my 'n aaklige maand, al vir 17 jaar! Mens se altyd dinge sal beter of makliker word soos die jare aangaan, maar ek dink mens verlang net elke jaar nog meer en meer na die mense wat dood is na aan jou!
Jammer julle dat ek afpak, maar niemand verstaan waardeur ek gaan nie!
Deja: Ek hoop die skuif van die servers is nou die einde van Moomie se probleme!!!
Lekker aand vir julle!!