Hi al julle oulike dames!
Sjoe, ek is bly om te sien ek is nie die enigste met 'n handsak probleem nie! Luwan is mal daaroor om alles uittepak...Gunstelling my beursie! Ai, het al ny die winkel gekom sonder my Kredietkaart...!
Charlene - geluk met Bardon se verjaardag! Mag hy vir jou nog baie liefde en vreugde bring! Lekker dag vir julle!
Vandag is ek nogal moeg vandag! Luwan het my nie regtig wakker gehou nie - hy het goed geslaap...in ons bed, of ek het sometime wakker geword toe is hy in die bed tussen my en Pappa... Dink hy het self daar kom inklim! Mens slaap net nie so goed met 'n kind langs jou nie! Hy skop en rol mens woes deurmekaar!
Adele - sterkte vir jou!
EK het nogsteeds nie opgehou om luwan te borsvoed nie... Dit sal 'n drastiese stap wees as ek dit doen, want om net sekere etes uit te sny werk nie so lekker nie! DIe melkvoorraad het nou weer opgetel! My boobs wil bars. Ek het gister vir hom beesmelk gegee en hy "love" dit...Hy moet dit net self drink! Hy wil dit nie by my drink nie! Dan om hom aan die slaap te kry! Hy raak gewoonlik aan die boob aan die slaap!

Ek sal maar moet plan kry dat hy self aan die slaap raak! Glo darem nie dit sal so groot issue wees nie! Hy raak partykeer op my skoot aan die slaap, lank nadat hy gedrink het!
Ek het vir sy verjaardag, Dawie die Kabouter se DVD gekoop en hy het Brankanjan se DVD ook persent gekry! Hy geniet dit nogal!
Kossies: EK het gisteraand vir hom Visvingers gemaak met chippies en groente! Hy het die chippies en Visvingers opgeeet, maar hy hou nie van heel wortels nie... Vanoggend het ek vir hom Naartjie gegee - hy hou niks daarvan nie! Dink dit is die suur. Maar hy eet Piesangs!
Nou ja, julle moet 'n fantastiese dag he. EK moet gou kyk watter betaling ek moet doen vir my man!! Sal later weer kom inloer!