Moomie Pa van die week ... Pierre Terblanche Featured

Ons het vir Pierre (26) 'n paar vrae oor ouerskap gevra.

Hoe het jy gevoel toe jy hoor jy gaan Pa word?

Ek was baie bly omdat ons so lank gesukkel het om swanger te word.

Hoe was dit toe jy jou dogtertjie vir die eerste keer vasgehou het?

Ek was nogal skrikkerig om so 'n ou klein lyfie vas te hou. Maar aan die ander kant was ek ook vreeslik opgewonde; dit is ’n wonderlike gevoel.

Wat is jou wens vir jou kinders?

Dat hulle baie geluk en hope liefde in hulle lewens sal ervaar.

Wat is jou verantwoordelikheid as Pa?

My verantwoordelikheid as Pa is om seker te maak my vrou en kinders het alles wat hulle nodig het. Dit is ook my plig om hulle te beskerm in alle omstandighede.

Wat is die belangrikste ding wat jy graag vir jou kinders wil leer?

Hulle moet ander mense respekteer. Hulle moet ook soveel as moontlik leer en kennis ophou; hoe meer jy weet, hoe beter.

Wat doen jy en jou dogtertjie saam wat vir jou spesiaal is?

Ons geniet dit om saam buite te speel en sy sit graag saam met ons op die stoep.

Waarmee help jy in die huis as dit kom by die kinders?

Ek help met alles waar ek kan, van bottels was, kos gee tot opruim. Ek ruil selfs haar doeke.

Wie van jou of jou vrou is die strenger een?

Ek sal sê my vrou. My kinders kom soms met moord weg by my.

As jy vinnig ’n doekesak moet pak sonder jou vrou se hulp, wat sal jy alles daarin sit?

Gelukkig is Mamma altyd daar om die doekesak te pak. Maar as ek dit moet doen, sal ek seker die volgende insit: doeke, boudjiesalf, bottels en skoon klere.

Na watter kinderstories/televisieprogramme kyk of liedjies luister jou dogtertjie graag wat jou vreeslik irriteer?

Haar gunsteling-storie in hierdie stadium is Shimmer and Shine. Dit irriteer my nie, tensy sy dieselfde episode oor en oor kyk.

Read 852 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account