Hi mammas
Skuus as ek 'n thread oopmaak wat dalk al gevra is
My seuntjie word November 4, en is totaal van die dagdoek af. Hy slaap in die aande met pull-ups, en ons het vir hom gese dis 'n "onderbroek-doek", so hy weet hy kan gaan piepie en poo en die doek aftrek.
Noudat dit weer lekker somer is, wil ek hom van die nagdoek afhaal.
Enige raad, voorstelle en advies?