HELP HELP HELP
So Jayden word nou November 5jr oud. Alhoewel ons baie hard probeer, is hy op die stadium die enigste kind, sy nefie is nou so 'n jaar en 6mde.
Jayden is vanaf middel Mei in 'n kleuterskool, en in die namiddae by my ma. Almal het altyd gepraat oor hoe vriendelik Jayden is, hoe behulpsaam, almal was altyd mal oor hom.
So die laaste ruk sukkel ons maar met hom. Soveel so dat met die nuwe skool kwartaal sy juffrou aan my uitgewys het hoe baie hy verander het - en beslis nie vir die goeie nie.
Nou kry ek vanoggend weer 'n oproep van die juffrou - hy weier eenvoudig om deel te neem aan die skool se konsert, hy se goed soos ek sal nie vir jou luister nie, ek is nie lus nie. Dis die een maatjie se verjaardag, hy is sommer ongeskik en se hy soek die geskenk want dit is sy verjaardag.
Nou ek ken my kind nie so nie - en dis wat almal se - hulle ken nie vir Jayden so nie. Ek wou hom in 'n nasorg inskryf, maar hulle sluit al die 2de Desember, so m.a.w hy gaan net 'n maand by die nasorg wees en dan eers weer in Januarie - wat toe vir my half nutteloos was. Ek persoonlik dink hy het te veel vryheid by my ma, en by sy ouma word hy baie toegelaat en dis nie 'n streng dissipline, volg roetine situasie nie.

Wat kan ek doen? Wat moet ek doen???? Ek gaan nou die tv in sy kamer uithaal en hy gaan nie verder dvds kan kyk nie (dalk ook maar iets wat 'n rol speel?) Maar hoe kry ek hom dat hy weer word soos wat hy was? Want dis beslis nie 'n fase nie, ek dink dis sommer net stout wees - hy sien hy kan iets doen en daarmee wegkom.
RAAD ASB???