Hier is 'n oulike aktiwiteitsboekie wat jy vir jou kind kan uitdruk.
"Corona is ‘n baie lelike goggatjie.Hy het eers ver van ons af gebly, maar toe
word hy stout en kom sowaar Suid-Afrika toe
met ‘n vliegtuig.
Hierdie klein goggatjie is ‘n virus en hy wil
graag ons mense siek maak, maar ons is
slimmer as hy . . . . Ons bly nou in ons huise.
Ons spuit ons hande met “sanitizer” en dra
maskers.
Corona hou daarvan as iemand hoes of nies,
want party mense vergeet om hulle neuse en
monde toe te maak, maar ons het geleer jy
moet jou arm voor jou mond of neus hou. Dan
gaan hy weg en soek iemand anders.
Juffrou Desire en Juffrou Montike sê ons
moet elke dag bid… Die Corona gogga word dan
baie vinnig moeg, en dan sal hy weggaan.
Ons moet onthou, Liewe Jesus is baie sterker
as die goggatjie."
Laai jou boekie hier af:
drive.google.com/file/d/1kski3HOAaMjpw6T...XpK/view?usp=sharing