file Induksies??????

16 years 1 month ago #109171 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Induksies??????
Moenie worry oor die 2 cm nie, ek was 2 cm ontsluit op 36 weke en my seuntjie is presies 2 weke daarna gebore op 38 weke. Ek het ook heeltyd kontraksies gehad vir 2 weke lank.

2 cm beteken nie mens is in kraam nie, mens is eers werklik in kraam as jou serviks 4 cm ontsluit is.

Haal maar deur die kontraksies asem, asem in jou maag in vir 20 tellings en net so stadig weer uit. Dit sal help om die kontraksie meer effektief te maak sodat dit jou kan help ontsluit.

Jy kan ook rasberry leaf tee maak, dit help om jou baarmoeder te "tone" sodat jou kontraksies meer effektief is.

Evening primrose oil kapsules kan vaginaal ingesit word, dit help jou serviks om ryp te word, en kan regte kraam aan die gang sit as jou liggaam gereed is daarvoor.

Verder moet jy maar stap sussie! Sex sal ook help om die serviks ryper te maak.

Werklike kraam sal begin sodra die serviks regtig ryp en sag is.

Sterkte, dis nie meer lank nie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #109118 by vebike
Replied by vebike on topic Re: Induksies??????
Hi julle...

Dankie vir die replies. Kom ek verduidelik dit so aan julle.. Cervix is ryp, 2cm ontsluit al en sy weeg al 3kg. Dokter het gese dat as sy nou gebore word sal sy oor leef sonder enige masjiene ens. Maar omdat dit 'n staat hospitaal is waar ek kraam, wil hulle nie induksie doen nie. Hulle sal net induksie doen as ek oor 40 weke is.

Ek het nou al van Sondag middag 12 uur af pyne wat so tussen 15 - 10 min uit mekaar is. Ek het al die show laas week Woensdag gehad ook. My bekken bene is so seer ek sukkel nogal om lang tye te loop of staan.

Ai man.... Ek wil nie he sy moet sukkel as sy gebore is nie, maar ek weet nie meer wat om te doen nie.

Groete
Vebike :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108709 by nixie
Replied by nixie on topic Re: Induksies??????
en ek glo nie enige dokter sal induksie doen as jy nog nie begin ontsluit het nie.


baie induksies word gedoen oor mamma's net 2 of 3 cm ontsluit en dan nie verder gaan nie...


is jou cervix al ryp??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108707 by nixie
Replied by nixie on topic Re: Induksies??????
sex sex sex..... 36 weke is eintlik nog vroeg en ek sou try vasbyt tot at least 38 weke..


hulle se ook spicy food werk en dan natuurlik loop.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108704 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Re: Induksies??????
Van wat ek al by die ander dames gehoor het help dit om baie te loop, op daardie gym-balle te hop en seks.

Maar 36 weke is nog vroeg, is dit nie dalk braxton-hicks nie? Maar jy noem van die bloederige afskeiding - mmmm, ek sal nogal bekommerd oor infeksie wees.

Sterkte! Hoop dit gebeur vinnig!

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #108687 by vebike
Induksies?????? was created by vebike
Hi daar

Ek wil weet of enige van julle weet wat mens kan doen om jou kraam aan te bring? Ek is nou 36 weke en in "onaktiewe" kraam. Dit beteken basies dat ek kontraksies het (al van Sondag middag 12 uur af) maar ek ontsluit nie. Die dokter wil nie induksie doen nie. Se ek moet maar loop tot sy gebore word. Maar in the mean time moet ek maar sit met die krampe tot when ever sy wil kom.

Weet enige van julle wat ek kan doen om kraam bietjie aan te help? Al die tekens is daar. Melk lek, bloederige afskeiding elke dag ens...

Groete

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account