Hallo Pikkewyn se ma...
Ons het ook die Chelino C3, en love dit. Dit vou klein genoeg op (nou nie so klein soos ek gehoop het nie, maar steeds klein genoeg sodat ons vir 'n naweek kan weggaan, plus 3 bokse wyn, in ons "boot" kan inlaai.) Ons ry 'n Mitsubishi Lancer, en die pakplek is maar beperk. Toe baba nog baie klein was, het hy sommer in die pram geslaap, dit vou plat af dat dit soos 'n carrycot is. Ek hou ook van die feit dat jy die kappie kan afhaal en omdraai sodat baba na jou toe kyk. Vir die geld wat jy betaal, is dit 'n fantastiese waentjie. O ja, ek het gister die materiaal afgehaal om te was, en dit is supermaklik, gooi als sommer net so in die wasmasjien!
Ek stem net saam met Huggles oor die snug&safe, dis bitter ongemaklik, my seuntjie hou niks daarvan nie. Hy is nog nie 3 maande nie, en ek kyk rond na karstoeltjies vir hom. Ons het nog net een keer die snug&safe op die waentjie gesit, en dit het nie goed afgeloop nie. Veral nadat ons ver gery het, is hy vreeslik huilerig en lyk dit of die lyfie seer is.
Maar afgesien van die snug&safe, kan jy nie verkeerd gaan met die koop van die C3 nie!