Hoeveel kinders het jy?
Ek het twee kinders.
Hoekom het jy besluit om van ’n vroedvrou gebruik te maak i.p.v ’n private of staatshospitaal?
Met my eerste kind se geboorte het ek nie medies gehad nie en die goedkoopste privaat hospitaal (Maryfont) het my R16 000+ gevra dan moes ek nog die gynae betaal van R7000. So die doula by die ginekoloog het my vertel van watergeboorte en toe ek navorsing doen, sien ek dit is baie intiem. Daar was toe sommer ’n vroedvrou naby my kantoor en sy was regtig baie oulik.
Met my tweede kind se geboorte het ek medies gehad, maar nog steed ’n watergeboorte verkies.
My vroedvrou laat mens net goed voel en ons kon skin to skin met Pappa. Selfs met my tweede swangerskap het my man voorgestel dat ons weer ’n watergeboorte doen. Ek het verkies om nie van ’n staats hospitaalgebruik te maak nie weens die personeel se houding teenoor ons gedurende my suster se swangerskap.
Hoe was jou ondervinding met ’n watergeboorte by jou vroedvrou se huis?
Dit was ’n wonderlike ondervinding. 01:00 die oggend het ek gevoel dit is nou sulke tyd en het haar sommer ’n SMS gestuur. Toe ons by my vroedvrou se huis aankom, het sy kerse aangesteek. Sy het my heeltyd gerusgestel en 03:25 is my dogterTjie gebore. My man het die naelstring geknip en haar op die bank gaan sit. Intussen het my nageboorte uitgekom. Nadat my vroedvrou my skoongemaak het, het ons koffie gedrink terwyl sy my gehelp HET om my dogtertjie te borsvoed. Met my seuntjie was ek 19:00 by haar, maar ek was nog nie ontsluit nie. Sy het toe my water gebreek. Alles het toe goed en vinnig verloop en drie ure na my seuntjie gebore is, is ons huis toe. My vroedvrou het ook die spesiale oomblik op kamera vasgevang.
Sal jy weer ’n watergeboorte kies as jy kan?
Ja, beslis.
Het jy 'n mediese fonds?
Ja, Keyhealth Equilibrium.
Hoeveel het jou besoeke aan die ginekoloog gekos?
2015: Drie besoeke by ’n ginekoloog was R1 800. Die derde besoek was net R900 omdat ek haar nie sou gebruik vir die geboorte nie, maar net vir check-ups.
2017: Geen ginekoloog nie, net ’n dame wat sonars doen was ongeveer R600 per besoek. Ek was daar op 20 weke en toe weer op 36 weke.
Hoe het jy begroot vir al die ekstra mediese uitgawes?
2015: My vroedvrou het ’n sak gegee ter waarde van R300. In die sak was ’n pak maternity pads, linen savers, maternity panties ens. Die geboorte was R8 300. My man kon dit kontant betaal.
2017: Geboorte was R9 000. Ons het later van die mediese fonds af teruggeeis. My man se besigheid het ekstra ysters scrap yard toe gevat wat dit toe kontant betaal het.
Hoe het jy begroot vir jou baba?
Ek het nie. Ek het nie ’n idee gehad wat dit sou kos nie. Ek het vooraf size drie en vier doeke op takealot gekoop. By my babatee het ek baie produkte ontvang. Ek was gelukkig en het tweedehandse klere vanaf my baas gekry wat haar dogtertjie s'n was. Met my seun weer het my skoonsuster haar seun se klere vir my gegee. Dit help baie, want hulle groei so vinnig. As daar babaprodukte op special was, het ek maar self daarvan gekoop. Dis maar ’n duur storie en ons moes sny op sekere goed. Om naweke weg te gaan, was een daarvan. Maar op die ou end is ’n baba baie meer werd as ’n naweek weg.
Het julle begin begroot voor jy swanger geraak het?
Ek het net doeke bymekaargemaak.
Het jy enige advies vir ma’s hoe om te begroot vir hulle babas?
As jy ’n ekstra geldjie het, begin solank om doeke te koop. Twee pakke van elke size. As jou baba dalk allergies is vir die doeke wat jy gekoop het, kan jy dit altyd by Game gaan omruil. Checkers het gereeld uitverkopings op babaprodukte. Goed soos bottels dink ek moet jy eers koop as baba gebore is.
Lees Bright Rock - Love Change-artikels, hoe om te begroot vir jou baba:
How much does it cost to have a cash baby?
