Kinders grootmaak is 'n duur storie Featured

Hier is die uitgawes van hoeveel ons kind kos per maand, sê Moomie ma, Mollie Young.

Mollie is 'n tuisbly-mamma wat self kyk na hulle dogterjie van agt maande. Dit help, want tans het hulle geen uitgawes vir ’n dagsorg of huishulp nie. Ons het vir Mollie ’n paar vrae gevra oor haar uitgawes.

Hoeveel kos doeke jou per maand?

Ongeveer R300 (hang af of daar winskopies is), ek oorweeg dit om oor te gaan lapdoeke toe.

Hoeveel spandeer julle aan baba produkte per maand?

Nie meer as so R50-00 nie. Dit sluit in; seep, room, boudsalf, ens. Al gebruik ’n mens dit baie, dit hou lank.

Wat kos jou baba se voedings/kos?

Ek borsvoed nog op die oomblik, sodoende spaar ons ook baie geld.
Haar pappies kos so ongeveer R50 per maand. Yoghurt en ander kossies so R100 per maand.

Het julle enige ekstra uitgawes vir jou kind per maand?

Ja, in hierdie afgelope agt maande het ons die volgende ekstra uitgawes gehad:


Drie ondersoeke by die pediater teen R700 per besoek.
Een doktersbesoek saam met die medisyne was R600.
Al die inentings tot op hede is al R900.
"Breast pads" kos my R40 per maand.
Ek is gelukkig om baie tweedehandse klere by my vriendinne te kry. As sy regtig iets nodig het, of as iets mooi sien wat ek vir haar wil koop, sal ek nie meer as R100 spandeer nie.

Op watter luukshede spandeer jy graag geld?

Ons spandeer baie min op luukshede. Ons bly op ’n plaas en hier is genoeg om ons mee besig te hou. Dit is dus nie regtig nodig om vir haar speelgoed te koop nie. Ons koop graag vir haar mooi rokkies. Dit is al luukshede waarop ons geld spandeer. 

Lees hierdie artikel It Takes a Couple of Million to Raise a Child - Bright Rock - Love change

 

 

Read 1166 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account