My seuntjie is nou 23maande oud, hy word 14 Jan. 2 jaar oud. Hy suig nog dummy. Hy praat al baie mooi en sê al omtrent alle voorwerpe se name. Maar hy sê net glad nie die woord "dummy" nie. Al is dit sy favourite, noem hy dit nie op sy naam nie. Hy noem dit niks nie. Hy sal bv. vir my vra "Waar's hy" of "Daar" of "Daar bo". Ek weet nou al natuurlik dat hy na die dummy vra, maar hy wil nie die dummy op sy naam noem nie. Enigiemand se kinders wat dieselfde doen en weet iemand hoekom dit gebeur?