file hoe om op te hou borsvoed??

15 years 9 months ago #152856 by LoriF
Mariska
Doen jouself 'n guns en koop Elizabeth Pantley se "no cry sleep solution for toddlers". Ek het dit gebruik om vir Ethan te "wean" - ook so ongeveer op 18 maande. Hy was ook "verslaaf aan die die bors", maar haar metode het absoluut gehelp.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #151983 by mariska
dankie Deja, ek sal dit probeer! maar die probleem is dat hy geen ander melk wil drink nie!! Ek sal maar net moet sterk staan as hy vra vir "tietie"! sjoe, dis 'n moeilike besigheid!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #151738 by Moomie Admin
Hi Mariska, ek het opgehou op 14 maande en dis hoe ek dit gedoen het:
Ek het my baba begin water gee in die nag. Was moeilik, want sy het melk gesoek, maar ek het sterk gestaan, sy het die idee gekry en toe nie meer wakker geword om te drink.

Sy het op die boob aan die slaap geraak in die aande. Ek het haar begin koeimelk gee in 'n sippy cup en dsn net vinnig boob. So het melk uit sippy cup al hoe meer geword en melk uit boob al hoe minder. Dit het so 'n paar weke geneem en toe is ons albei reg. Het net een aand besef sy't dit nie meer nodig en sy het nog NOOiT weer boob gevra of gewys of iets nie. My boobs was ook niks seer nie, omdat dit stelselmatig minder gemaak is.

Sterkte, hoop dit help!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #151726 by elrike02
Hi Mariska,
My seuntjie is ook 18 maande oud, maar ek het al opgehou borsboed toe hy 12 maande was.(ek het voltyds geborsvoed) Ek het net opgehou om vir hom tie-tie aantebied as hy vra! Ook met die hulp van pilletjies by die dokter, om my melk op te droog) Ek het net vir hom bottel aangebied. Dit was redelik maklik! Hy raak soms nog met die bottel aan die slaap! Ek het nooit die probleem gehad van drink in die nag nie! Ek het dit lankal uitgesny, maar as hy wel iets in die nag wil drink gee ek vir hom bietjie water.

Sterkte vir jou! Hoop jy kom reg!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #151724 by Hasie.
Shame man, wat doen hy as jy vir hom 'n bottel gee in die nag?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #150969 by mariska
Ek wil graag weet of iemand my kan help?? ek wil weet hoe om op te hou borsvoed!! my seuntjie is nou 18maande oud, en hy drink net saans voor hy gaan slaap en as hy in die nag wakker word!! (maar hy gebruik dit om aan die slaap te raak!) en snags as hy wakker word, roep hy "tietie-tietie-tietie" Hy raak nie weer aan die slaap voor hy drink nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account