G Baby Megan is net so oud soos jou seuntjie (31 Dec 07) en sy het ook sulke tantrums gegooi so rukkie terug. Baie erg

. As ek haar moes slaan, sou ek haar seker half dood geslaan het so kwaad het sy my gemaak dis hoekom ek maar nie geslaan het nie!
So ek het haar badkamer toe gestuur - daar's 'n hoekie in die badkamer en dis die 'naughty corner'. Die 1st paar keer was nogals moeilik maar ek het net aangehou en vir haar gese sy sal daar bly tot sy ophou skree en tot sy beter voel! En as sy uitkom en sy skree nog, dan vat ek haar terug. Wel as sy nou so begin skree, dan vat sy sommer haarself naughty corner toe! Dan se sy: MEGGIE GOES NAUGHTY CORNER! En as sy nie self gaan nie - dan stuur ons haar. En dan kom sy self uit later en dan sal sy se: MEGGIE FEELS BETTER!
So ja dit het vir haar gewerk. Ek glo nie die kamer is 'n goeie opsie nie, want hulle moet wees waar hulle nie kan speel nie en ook nie waar hulle slaap nie. En as hy 'n tantrum gooi vir iets, moet jy NOOIT ingee nie en as hy uit die badkamer kom moet en beter voel moet hy nog steeds nie sy sin kry nie. My vriendin se kind het tot op 5 jaar sulke tantrums gegooi omdat sy elke keer eventually gekry het wat sy wil he.
Ons sukkel net nou vreeslik met die dat Megan wil he my man moet alles vir haar doen. Alles is - NO DADDY MUST! En as sy wil bv wil he hy moet haar milo maak en ek maak dit, dan weier sy om dit te drink!