HI almal,
ek wil graag hoor wat is jul gevoel oor besnyding ? My seuntjie is nou 2 en half en sy velletjie wil nie heeltemal terugtrek nie. Die dr het gese die velletjie sal mettertyd rek. Hy het laasweek effense infeksie gehad en hy het toe voorgestel dat ek die velletjie elke aand terugtrek as ek hom bad.
Ek het dit nooit voorheen gedoen nie want 'n dokter het my aanbeveel om dit eerder te los want die tollie maak homself skoon