× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Kom Ons Hou Vir Sexy Hexy In Ons Gedagtes En Gebed

16 years 4 weeks ago #106728 by Driekie
Hi Hexy - weer n keer vriendin, ek dink aan jou Mario en klein Jaydon in hierdie tyd.God hou julle 3tjies baie styf in Sy Handpalms vas..ek kan nie fisies daar by jou wees nie maar is in gees en gedagtes by jou - enige tyd wat jy nodig het om te praat bel maar net of sms

Met tyd sal die seer minder raak en weet net dat jou tweetjies presies geweet en gevoel het hoe lief mamma en pappa en boetie hulle gehad het en nog steeds het!

Al my liefde
Ekke

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #106609 by Goggatjies
Hexy - Ek het nie woorde nie
Ek weet nie wat om vir jou te se wat jou beter sal voel nie. Al wat ek kan doen is om vir jou en jou familie te bid. Al my moomie vriendinne is soos susters vir my, so as so iets gebeur is ek in stukke, maar ek kan nie myself indink hoe jy moet voel nie.

Weet net dat God het 'n plan met alles, Hy het hierdie twee wonderlike baba's aan jou geleen, en ek weet Hy het hierdie twee blomme baie te vroeg gepluk om in Sy Tuin te gaan sit.
Maar weet dat hulle nou by Hom is, en Hy sorg baie mooi vir hulle.

Ek is baie jammer vir die hartseer wat julle het, en ek weet dit gaan nog lank wees voor ons almal sal verstaan.

Weet net, ons is hier vir jou, jy kan enige tyd bel of sms.

Baie Sterkte en Baie Liefde

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #106590 by Angel_J
Sexy Hexy

'n Gebedtjie van vertroosing vir jou en jou gesin.

Maak jou oë toe
En jou hart oop
En voel hoe al jou sorge wegloop.
Jy moet jou net aan God toevertrou
Hom toelaat om jou
In liefde toe te vou.
Want die lewe op aarde
Is nie maklik
En van die uitdagings
Voel so onredelik,
Maar God vra ons net vir ons bes -
En belowe Hy sal sorg vir die res.
Wanneer jy moeg is,
Hoop verloor, berou,
Is daar altyd een deur
Wat oop staan vir jou.
Dit is die deur
Na die huis van gebed,
Waar God altyd reg staan
Om jou te red !
* * * * * * * * * * * * * * *

Sterkte.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #106581 by Lia
Hexy, my hart bloei vir julle. Jy en jou man is in my gebede !! Ek bid dat God julle in sy Hande dra in hierdie moeilike tyd. Baie baie Sterkte !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #106404 by elrike02
Hexy - ek het nie woorde nie. My oe is gevul met trane en my hart wil uit my bors bars van pyn. Ek is so jammer om te hoor van jou verlies. EK dra jou en jou gesin op in my gebede en ek vertrou dat die Here vir julle sal krag gee. Ek dink aan jou!!! Sterkte! xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #106390 by Liz
Hexy, dis verskriklik, ek kan myself nie eens indink waardeur julle gesin nou moet gaan nie. Ons hou julle in ons gedagtes en ons gebede, mag die Liewe Vader julle in sy hand koester en bewaar. Sterkte! En ons is altyd daar vir jou as jy wil gesels. xxx :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #106379 by Beertjie
Hexy - vriendin - julle is in my hart en in my gebede.. Mag jy krag kry om deur hierdie stryd te kom!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account