Hi almal. Alhoewel ek seker nie nuut is met die hele TTC projek (2j) nie begin dinge nou vir my baie anstig raak. Ek het soveel vra en is so deurmekaar. En ek voel stupid om die dr te bel - voel of ek hom pla???
Ek het in Desember n laparoscopy gehad (daar is n cyst en endo afgehaal) en die ginekeloog was oortuig dat ek onmiddelik swanger gaan raak. Ongelukkig toe daag my period n week en half later op.

Toe het hy vir my wel vrugbaarheidspille voorgeskryf asook pille wat my period sal aanhelp. Maar ek voel so onkundig oor alles. Ek dink net ek het te veel gaan oplees op die internet, ek voel skoon dom.
1. Wanneer is die eerste dag van my period. Ek het soveer elke maand soos klokslag my period gehad, ek is nooit langer as 3 dae nie. Is die eerste dag wanner ek 'n bietjie bloed het of die volgende dag wanneer daar meer bloed is?
2. Hoe weet ek of ek hostile CM het? Is CM die wit afskeiding ? ek het nou iewers opgelees oor die EPO pille wat j moet drink tot jy O. Wanner moet jy die benalin drink? Is dit nodig dat nog die pre-seed lub ook kry?
3. ek het al aanlyn calculators gehad wat my O datum bepaal het. Ek het al die hele bbt ding probeer maar my temperatuur is konstant elke dag onder normaal, selfs al O ek. moet ek eerder geld spandeer om die toetse te koop?
4. My probleem is: my man werk weg van die huis af so in die twee jaar wat ons al probeer is hy selde by die huis wanneer ek O- so ek moet alles mooi beplan sodat ek kan O vir die week wat hy hier is.
Kan iemand asb my help om sin te maak van alles?