Ek is so jammer om te hoor Liza!
Dit is moeilik, ek verstaan. Ek het so 2 jaar gelede op 11 weke 'n miskraam gehad, die gyn het gese ons kan oor so 3 maande weer probeer. Ek het dadelik swanger geraak maar op 7 weke weer 'n miskraam gehad. 3 Maande later was ek weer swanger en het op 6w4d weer 'n miskraam gehad. Ons was moedeloos om die minste te sê. So ek verstaan daardie gevoel. Ek het ook begin voel dat dit dalk net nie die regte tyd is om swanger te raak nie. Ons het 'n hele paar maande gewag, en toe weer begin probeer. Ek het vir een volle maand ge chart en alles, en het net besluit dis nie vir my nie (al het ek dit gedoen met my eerste swangerskap). Ek en dh het besluit om die charts te los en ek moet erken, dit was nie maklik nie. Ek hou daarvan om te weet wat aangaan, veral as ek iets wil he en as ek na iets toe werk. Maar ons het na 5 maande se "nie probeer nie" self swanger geraak, en alles is piekfyn. Gesels met jou gyn en besluit jy en dh wat vir julle die beste is. Ek het persoonlik gevoel die charting en elke maand se wag en teleurstelling was te veel pressure. Dit het my meer negatief as positief gemaak.
Ek hoop jy weet jy is nie alleen nie, en ek weet hier is baie ondersteuning vir jou op die forum. Baie sterkte x