Poppie ek sal ook eerder eers borsmelk gee en dan 'n"top-up" van formule melk. Weet nie of dit nadelig kan wees nie, maar wat sy ook in gedagte moet hou is dat baba gewoond raak aan die "meng"melk se smaak en dan later geen formule wil drink nie. Het sy al iets ekstra probeer inneem om haar melk meer voedend te maak? Wat van "jungle juice"? En dan baie water en rooibostee.
Ek het borsmelk met blik melk gemeng toe my Lb omtrent 6 maande was, ek kon nie genoeg uitmelk nie, maar wou nie die borsmelk mors nie, so ek het dit gemeng. Dit het vir ons gewerk.
Baie mense se dit gaan babas loop magies gee, maar ek het nie daai probllem gehad nie,
Maar ek dink 'n week is nog baie jonk, hoekom gee see nie eers bors melk nie en na dit blik melk??
Hallo almal, my niggie het 'n week oue baba. Sy is maar nog baie jonk en onervare. Sy laat weet my so nou en dan hoe dit met haar en die dogtertjie gaan. sy het my nou laat weet sy meng haar borsmelk en blikmelk want haar borsmelk is nie voedend genoeg nie. Ek is nie seker of mens dit mag doen nie, ek glo nie dis goed nie. ek het haar gese dis nie goed nie en hoop maar sy volg my raad.