Hallo,
Ek is nog aan die begin van my swangerskap en het gedink om so lank voelers uit te steek tov van nanny/dagsorg/kleuterskool vir ons baba wanneer ek terug moet gaan werk toe. (blykbaar is dit baie vol en moet mens lank voordie tyd aansoek doen en 'n plekkie bespreek vir die laaste 2 opsies)
Baba gaan so 6 maande oud wees wanneer ek terug gaan. Enige voorstelle van wat die beste vir julle gewerk het tov 'n nanny by die huis, dagmoeder, of kleuterskool. En enige aanbevelings van dagmoeders of skooltjies in Moreleta Park asb.
Dankie!