file Dagmoeder in Boston omgewing

10 years 4 months ago #272106 by Marga
Goeie middag Dames

Ek is tans 35 weke swanger en as als volgens plan verloop welkom ons ons meneertjie in Junie! My skoonma het aangebied om na ons seuntjie te kyk as ek teruggaan werk toe, maar ek is bevrees sy is nie heeltemal bewus waarvoor sy haarself in laat nie (sy het 31jaar terug na 'n baba gekyk)...dus is ek nou opsoek na 'n dagmoeder wat kan uithelp (al is dit net vir 'n paar dae 'n week). Ons bly in Boston (Bellville) en dit sal goed wees as die dagmoeder ook in die omgewing (of tenminste naby) is...Verkieslik nie iemand wat na baie kinders elke dag omsien nie.

Kan enige iemand dalk iemand aanbeveel?

Ek hoor graag van julle! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account