heart New M2B

11 years 9 months ago #255156 by IreneL
Replied by IreneL on topic New M2B
Hi Rita, ek was Vrydag by my dokter, syt gese baba is steeds klein maar het wel gewig aangesit, ek moet nou oor 4weke gaan vir die doppler scan om te kyk of die bloedvloei belemmerd is. Weet jy al op hoeveel weke jou baba gebore gaan word? My dokter het gese sys nog nie bekommerd nie omdat baba steeds groei al is sy klein, ons moet eers kyk wat die doppler se op 20 Feb.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254540 by tertia.l
Replied by tertia.l on topic New M2B
Hi Rita,

Ek wil net vir jou se dat Dr. Farrel fantasties is. Sy kyk na alles en verduidelik alles vir jou en die beste van alles is dat jy in die fynste detail jou baba kan dophou. Sterkte daar!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254360 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic New M2B
Welkom Rita!

Ek hoop jy vind 'n ondersteuningsgroep hier. Jy weet natuurlik wie ek is... Sien jou Vrydag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
The following user(s) said Thank You: ritavanrooyen2

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254351 by IreneL
Replied by IreneL on topic New M2B
Sjoe oukei ek is bly ek het jou hier raakgeloop, ek was baie confused oor die bevinding dat sy baie klein is, dis nogal scary want mens weet nie lekker wat om te verwag nie. Maar oukei ek voel nou beter noudat jy se hulle het vir jou ook gese dis niks wat jy verkeerd doen nie. Ekt bv nie geweet hulle kan dit behandel bv met steriodes indien nodig nie, ek sal ook by my gewone ginekoloog hoor daaroor volgende week.

Hou my op hoogte van hoe jou babatjie vorder!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254350 by ritavanrooyen2
Replied by ritavanrooyen2 on topic New M2B
jip op my 22 weke scan het my dokter al gese dat sussie baie klein is en ook op die onderkant van die groei-grafiek is. ons het het dit dop gehou en ek was verlede vrydag weer vir n scan, die bloedvloei na haar toe is belemmerd. jip dokter Lindique het vir my gese dis niks wat ek verkeerd gedoen het nie en ons glo ook klein sus gaan sterk en gesond wees. ek moet nou gaan vir die scans by dr Farrel dat ons kan sien wat beinvlied die bloed vloei na haar toe, dan kan dr Lindique daar volgens behandel, soos met steriodes om haar longetjie sterker te maak vir as sy op hou groei\ontwikkel. Ek sou graag normal wou kraam...vir die experience maar as dit nie veilig is vir baba nie dan is ek berus by n keiser, soos jy se solank baba fine is :-) baie dankie vir die uitnodiging, ek sal bietjie gaan loer daar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254348 by IreneL
Replied by IreneL on topic New M2B
Ek het verlede week gegaan vir my 20 weke fetal anomaly scan, en toe het die spesialis ook gese my baba is baie klein, aan die onderkant van die groei-grafiek. Syt gese my ginekoloog moet dit dophou, want indien sy klein bly kan sy dalk ook vroeg uitgehaal word. Het jou dokter ook vir jou gese dis nie iets wat jy verkeerd doen nie en dat daar niks is wat jy kan doen of beter kan doen nie? Dis wat myne gese het so ek probeer om nie nou daaroor te worry nie...

Ek is op hierdie stadium glad nie vir of teen normaal kraam nie, want ek voel enige iets kan gebeur en baie van my vriendinne het keisers gehad en het baie vinnig herstel, nie soos in die ou dae wat dit lank vat nie. So ek is seker jy sal fine wees en baba ook :) Op die ou einde van die dag maak dit net saak dat baba fine is.

My EDD is 25 Mei, 'n maand voor joune :) Daar is 'n April groepie hier ook as jy daar wil gesels, maar jy is steeds welkom op ons groepie ook :)

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254347 by ritavanrooyen2
Replied by ritavanrooyen2 on topic New M2B
Hi,

My EDD is 25 April, maar daar is komplikasies met haar groei, ons gaan nou komende vrydag vir dr Farrel sien by Pta oos hospitaal, my dokter het gese die kans is baie groot dat sy vroer gaan moet uit gehaal word. ek sou graag wou normal kraam, maar dit gaan te gevaarlike wees vir haar

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account