question-circle bekken en eisbene???

14 years 1 month ago #228278 by Savannah-Leigh
baie dankie vir almal se raad. Widget ek gaan hierdie feite van wikipedia saam vat dok toe. ek het toe vir 'n tweede opinie gegaan en die dok sê ek sal nooit kan normaal geboorte gee nie vir dieselfde redes wat my dok gebruik.

ek het wel O Neg bloed groep en dit is ook blykbaar 'n gevaar as daar komplikasies is. my bloed kan vir enige iemand gegee word maar ek mag net O Neg ontvang. ek sal dit maar vir nou die Keiser besluit aanvaar maar sal definitief nie weer na hierdie ginekeloog toe gaan nie.

ons het nou net 20 slapies oor dan is Catalaya by ons. ons is baie opgewonde en ek dink my ma het haar krediet kaart al gemax :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227824 by Widget
Replied by Widget on topic Re: bekken en eisbene???
Net iets feitliks van Wikipedia. Die terme is ongelukkig alles in Engels.

en.wikipedia.org/wiki/Pelvimetry
The following user(s) said Thank You: Nicolette

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227813 by Widget
Replied by Widget on topic Re: bekken en eisbene???
Savannah-Leigh, dit was die selfde met my, die dokter het gese ek is baie klein en 'narrow', maar hy het my wel toegelaat om 'n trial of labour te hê.

Ek het nie spontaan in kraam in gegaan nie en op 41+ weke het dokter 'n induksie gedoen, na 8 ure se kraam (ek is toegelaat om rond te beweeg en op my bal rond te hop - ek het nie op my rug gele nie) en nog 'n induksie het ek 'n volle 1cm ontsluit! Baba het begin stres & ek was na die teater vir 'n emergency c-section. Ek was baie teleurgesteld maar nie spyt oor hoe die geboorte verloop het nie. My baba dogtertjie is pragtig en ek het nog nie 'n dag se gesondheids probleme of enigeiets met haar gehad nie! :heart: Ek dink net sou dit baie jare terug gewees het sou daar dalk baie ernstige nagevolge gewees het so onthou net keiser is 'n lifesaving intervention en dokter sal altyd met die opsie gaan wat die minste risiko vir ma en baba inhou.

Nou is ek swanger met my tweede en sit met die dilemma of ek weer moet probeer normaal kraam of om 'n elektiewe keiser toe doen op 40 weke... gaan my bekken anders wees die tweede keer?? Hoe gaan die uitkoms my baba affekteer? Anyway dit is nie nou relevant nie.

Gaan vir 'n tweede opinie, dit is altyd beter, veral as jy wil probeer om vaginaal geboorte te gee. En ek het keer op keer al gelees (ek lees vreeslik baie), mens weet nooit hoe jou liggaam en bekken gaan reageer gedurende kraam nie, al wat die dokters kan doen is om 'n 'educated guess' te maak vooraf. Sterkte! En wat ook al julle besluit en die uitkoms van geboorte jy gaan geseend wees met 'n pragtige baba en dit is op die einde waaroor dit gaan en wat saak maak! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227765 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: bekken en eisbene???
Jy is welkom Momtoc, email my sommer by anina@beautifullyborn.co.za

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227763 by blessedmom
Replied by blessedmom on topic Re: bekken en eisbene???

Hasie. wrote: Jou bekken bene vorm 'n joint, die hormoon relaxin wat gedurende swangerskap afgeskei word laat toe dat jou ligamente wat die bene aan mekaar hou ontspan en kan rek. Niemand kan vooraf bepaal hoe groot jou bekken kan oopmaak nie want niemand kan regtig weet hoe ver jou ligamente kan rek nie!!! So selfs die scan kan jou nie 'n 100% indikasie gee nie. En verskillende geboorte posisies kan jou ook help om die bekken opening te vergroot, terwyl gynies jou meestal op jou rug dwing, waar die opening met 30% verklein!!!

Jy het dit absoluut perfek verduidelik! 'n Vrou moet deur "labour" gaan voordat enige dokter 100% seker kan wees of daar 'n probleem is of nie.....

Hasie, kan ek jou dalk 'n private message stuur. Ek het 'n persoonlike vragie & ek weet jy is 'n Hypnobirthing Childbirth Educator & sal my miskien raad kan gee?

Sorry dat ek nou van die topic afdwaal Savannah :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227761 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: bekken en eisbene???
Nicolette, basically its just a layman's term for the bones in your pelvic area. More specifically the pelvic joint / bones surrounding the birth opening...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
The following user(s) said Thank You: Nicolette

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227760 by Nicolette
Replied by Nicolette on topic Re: bekken en eisbene???
Hasie - what are your "bekken bene" in English?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account