Hi julle!
Ek het nog nie nuus nie! Het vanoggend met die dokter gepraat maar, hulle het nog nie die uitslae gekry nie! Ek wonder wat vat dit so lank? Gewoonlik kab jy dit binne 2 ure kry... Maar nou ja, geen nuus is dalk goeie nuus!
Luwan is siekerig. Kan nie presies agterkom wat is die probleem nie, maar sy neus loop, hy is warm, maar dit is koors warm nie! Hy huil aanhoudend en ek kan sien hy is papperig. Hy het vanoggend 2h30 wakker geword en wou nie weer gaan slaap het nie! Ek het maar op die bank geslaap, want ek moet by hom wees.... Hy het toe seker 4h00 aan die slaap geraak, maar toe 4h30 het die voels en bure begin lawaai, toe is dit tickets!!!

Ek voel soos 'n lyk vandag!
Ek vat Vrydag vir Luwan vir sy 18 maande inspuitings... Klink my, my seuntjie is klein teen die ander seuns in die groepie! Luwan weeg nou maar eers 11.9kg. Maar dit is 'n gewiggie om rond te dra!
Skitter - Bly om te sien nog 'n tand is deur!!!
Deja- Sterkte met die hof en die studeer....
Lonie - geniet die trek
Sumayad - Congrats on selling your house so quickly! Now for the BIG move!!!
Hi Marilu - bly jy voel beter vandag! Hoop Migs se oortjies voel sommer gou-gou beter.
Lizel - Jy is fluks met die kleertjies koop vir die winter! Ek skat ek moet ook een of ander tyd dit doen! Luwan het sy favourite crocs.... Hy het dit altyd aan! Hy kerm tot ons dit aantrek, maar ek wil nie he dat hy skoene so baie dra nie!
Fairy - Sterkte vir more!
Hoop nou nie ek het iets en iemand vergeet nie! (jammer vir die baie afrikaans, maar ek kan nie vandag in engels dink nie!)
Sal later kom se as ek nuus het