Hallo Julle,
Boudjiesalf is nie 'n grap nie.... veral as jou kind van kop tot tone besmeer is daarmee... Ek weet nie hoe het Luwan die pot oop gekry nie, maar ja hy het hom oopgekry!!! Hy het homself besmeer, alles was wit! Hy het gelyk soos 'n spook! Nou sukkel ek nog om die goed uit sy hare te kry, ek het al alles gedoen! 100 keer sy hare gewas, maar niks, sodra ek die hare droog het, dan is die hare weer so taai. Ek sal seker eindig om sy hare afteskeer. My hart is so seer, want ek wil dit nie graag doen nie!
Gistermiddag het ons by 'n plek in Melville gaan eet, Leon wil die restaurant gebruik in 'n case study. "Culture shock" is 'n mooi ding! Veral as jy na die menu kyk! Maar ja, dit werk seker vir die studente... Ek en Luwan het darem lekker Appletiser gedrink... so saam-saam! Dit was nogal spesiaal!
Gisteraand was ons Monte Casino toe, met die opsie om te gaan fliek... Eish, daar was 1000de mense! Ons het toe maar nie gaan fliek nie!

Die toue was vrek lank en ek was nie lus om so lank te wag nie en ek wou ook nie die laat show van 22h00 kyk nie! Darem het ons lekker geeet en Luwan was 'n soet engeltjie!
Julle moet almal 'n fantastiese naweek he! Ek gann nou maar die huis en matte skoonmaak wat ook besmeer is met boudjiesalf!!! More kom my ma vir my kuier!!!