Hi Julle,
terug van 'n lekker naweek! Was vrek war in Parys! Luwan en sy nefies het so lekker gespeel en geswem! Hy het wel Vrydag van die trappies afgeval...en 'n "reuse" rooi kol voor sy kop gekry! Mty sussie het dadelik botter aans ykop gesmeer waar hy gestamp het... (Dit is nou nie blou nie!) Wonderlik, maar toe word hy siek Vrydagaand/nag. Hy was naar en het opgegooi. Maar gelukkig nie koorsig nie! Ek het nogal begin stres. Hy het toe 7h00 se kant weer by 'n trappie afgeval, in ons huisie, want hy loop mos net, en het nie gekyk nie! Hy het 'n groot knop/bloukol aan sy kop! (Ek het nie botter gehad om aan te smeer nie)

Ons het toe die oggen Parys toe gegaan en ek wou iets by die apteek gaan kry vir die naarheid - die simpel apteker wou my niks gee nie, want sy dink die is harsingsskudding ek moet hom eerder dokter toe vat... Hy het toe reeds opgehou opgooi en was weer sy ouself toe het ek hom nie dokter toe gevat nie! My tannie is 'n suster, en sy het gese hy is fine... Hy is darem ok gewees Saterdagaand en het deurgeslaap...
Net jammer, Pappa het toe siek geword...'n Naarheid en maagaandoening. Jitte, ek het gesaffer! LOL Ek glo dit was die kos, want vandag was almal bietjie olik! Skaap Spit braai, maar die skaap was vrek vet en die vleis was baie vetterig. Ons het nie eers ontbyt geeet vanoggend nie, want vanoggend was weer Skaap oorskied van gister...

Hy is maar nogsteeds papperig, so ek hoop maar hy kom reg!
Marilu: Ek is baie jammer om te hoor. Blikemmer, ek sal hulle Labour toe vat, dit is nie regverdig nie! Miskien kan jy hulle bietjie aan die pen laat ry! Sterkte vir jou en ek hoop jy kom vinnig reg met ander werk!
Deja: Jammer dat jy moes werk! Hoop jou naweek was darem ook ok!
Lekker week vir julle almal!