Lizel, ek het op ander thread ook aan jou respond.
Ek het dit al vanmiddag gelees en so hartseer gevoel vir jou, want ek weet hoe jy voel. Jammer ek het nie vroeer respond nie, maar dis CHAOS hier by my.
Onthou net, op die ou end gaan sy 'n sussie so geniet. Ek dink nie enige kind kom skotvry af as daar 'n nuwe boetie of sussie opdaag nie. Dis 'n major aanpassing en ja, hulle gaan afgeskeep voel by tye en voel of die baba al die aandag kry.
Ek was ook baie uitgefreak hieroor, maar voel nou baie beter daaroor. Die gelukkige ding van dogtertjies, is dat hulle tog maar 'n moedersinstink het. Ek bedoel, Nienke is obsessed met babas en poppe ens.
Het enige van jou familie of vriende klein babas? Probeer om Zelri baie by hulle te kry. Praat heeltyd met haar oor die baba. Maak die baba deel van haar lewe, sodat sy weet wat kom. Vertel haar dat die baba baie slaap en drink en huil en poef in die begin, want sy moet nog groei. Sy kan nie haar koppie ophou nie, sy is nog pap en het baie liefde nodig. Maar later gaan sy groter word en dan kan sy speel en en en.
Ek kyk ook saam met Nienke na boeke met scanfoto's in. Nienke het vandag weer vir my gevra om te kyk hoe die "baba goei" (groei). Ek het haar ook al saamgeneem scans toe en alhoewel sy die dokter niks trust nie, het dit haar 'n beter idee gegee dat daar genuine iets in my maag is.
Ek laat haar ook nou met my maag praat, sodat die baba haar stem leer ken. Ek probeer genuine haar heeltemal deel maak van die proses. Nie dat dit 'n guarantee is nie, maar dit laat my reeds meer gerus voel.
Jammer vir die lang response, maar dit is nog iets wat vir my baie belangrik is. Ek onthou nou nog hoe afgeskeep ek gevoel het toe my boetie gekom het. Dit was terrible. Ek onthou NOU NOG die dag wat hy gebore is!
Vision, have you tried a chiro? I find they know more when it comes to pregnancy, because they work with the joints itself.
How are you feeling? How is the MS?
i know Nadia! I can't believe they are so big already!
We are home alone and there's a THUNDERSTORM outside. NOT cool.
Chat later. I'll post some pics quickly.