Hi julle, Vandag het dit goed gegaan! Luwan drink bottel! Hy het net vanaand gedrink! Hy het ook gisteraand weer beter geslaap, en vanoggend 4h20 wakker geword... Hy ou niks weet van water/tee/gewone melk in die sippy cups nie, maar ek het toe melk in 'n bottel gemaak en siedaar, daar drink hy al die melkies en het verder gedoedoe tot 8h00! Hy het die heeldag net bottel gedrink! Hy het my nou leeg gedrink vanaand en ek het nou die pilletjies gedrink... So die einde is hier! Wou gisteraand, maar het toe vergeet! ;-(
Het vandag partytjie gehou by Layla! Luwan was pootuit gekuier! Hy het baie pret gehad! Ek moet gou die met julle deel dit is te cute: Hy het gedrink en aan die slaap geraak! Ek het hom in sy kot gesit, maar meneertjie het wakker geword, en my kom roep. Toe ek by hom in die kamer kom, draai hy om, oppad terug na sy bed en raak sommer net daar aan die slaap op die mat!
Ag my moeder! Hy is so oulik! Dit is ongelooflik hoe so klein mensie jou hart se punt kan wees!
Deja: Luwan het die Varilix (Chickenpox) inspuiting gekry! Ek sien die MMR is hier op 15 maande! Die suster het gese, die inspuiting van Vrydag het geen newe-effekte nie! Gelukkig nie! Hy is sy ouself.
Charlene: die foto's is pragtig! Lyk of hulle lekker partytjie gehou het!
Hi Skitter! Sterkte met die strykwerk...en als wat daarmee gepaart gaan! Seker M hou jou besig!
Lekker aand vir julle