Hi julle,
Ai, die stop van die borsvoeding is baie erg vir my en Luwan! Ek het dit eers net afgeskaal na 2 keer 'n dag oggend en aand, maar vanmiddag het hy bloumoord geskree. Hy wou vir niks stil bly nie! Ek het naderhand so geirriteerd geraak en by die huis uitgestorm met Luwan en die kar sleutels... Gedink dit gaan help om te ry! Want DH doen niks, draai maar net sy rug en probeer verder "slaap"... EK voel self nie te wat wonders nie - dink verkoue is oppad, want my keel voel soos 'n rasper, het hoofpyn etc.
Ek het toe met Luwan gaan stap...Ek het maar die ry gelos, want toe ek by die kar kom, onthou ek, dat ek my kontaklense uitgehaal het... Hy het toe rustig geraak.
Hy doedoe darem nou! Na hy "mamma nanna" gehad het. Dink dit is amptelik die laaste keer, want die dr het vir my iets voorgeskryf om te drink om die melk te laat opdroog... My hart is seer. My arme kind, maar ek moet hom een of ander tyd afhaal! Eerder nou as later, want dit gaan net moeiliker raak!
Geluk aan Bianca en Zia met jul b'day's! Hope your day was filled with fun and lots of presents!
Lekker naweek vir julle!