Deja - die groot trek is die einde Julie, ons het darem nog 'n huis daar so ons trek net weer terug. Ons familie is almal hier in die kaap maar ons het baie goeie vriende in Uitenhage. Jan-Botha se peet ouers is ook daar en hulle kan nie wag vir hul kind om huis toe te kom nie. Die enigste probleem is die huis is kleiner as die een waar ons nou bly en Jan-Botha se kamer is BAIE klein i.v.m. die een wat hy nou het, dink nie ek gaan eers sy kot opslaan nie, net kampcot tot hy in bed kan slaap.
Marilu - al wat ek vir jou kan se is dat ek nog net 3 aande deurgeslaap het en dan word ek in elk geval 2/3 keer wakker en wonder wat verkeerd is. Die voordeel aan 'n kind wat nie deurslaap nie is dat ons gewoond raak daaraan in teenstelling met mense wie se kinders deurslaap en dan ewe skielik nie meer deur slaap nie.

Moet noem dat my man deurslaap van so 'n week af...
Ek kry more aand 'n slaap terapeut om my te kom help en kyk wat ek verkeerd doen, kos my 'n paar rand maar ek is desperaat om hom te kry om te slaap...het manlief belowe sodra Jan-Botha deurslaap begin ons met nommer 2 as die ore nog nie sit nie bygese