Agter die skerms met sepie-baba se Ma. Featured

Foto: Andrucia met haar baba, Noah. Foto: Andrucia met haar baba, Noah.

Ons gesels met Andrucia, Mamma van baba Dian Malherbe in Binnelanders. Hoe is dit met 'n baba op stel?

Al ooit gewonder hoe dit is om 'n baba op stel te hê? Of jy wonder dalk hoe hulle dit reg kry dat babas hul samewerking gee op die regte tye. Ons gesels met Andrucia Geldenhuys, baba Dian Malherbe in Binnelanders se regte mamma, om te hoor of hy ook hy net soos ander babas is. Noah - of Dian soos die kykers hom ken -, wat nou reeds amper ses maande oud is, was maar skaars drie maande toe hy die eerste keer op die stel van Binnelanders verskyn.

Ons het haar 'n paar vragies gevra oor ouerskap, roetine, voeding en hoe dit is om jou baba aan ander mense bloot te stel. Lees die artikel en dalk help dit jou en jou baba ook.

Hoe het jy gevoel toe Noah vir die eerste keer op stel deur 'n "ander mamma" vasgehou word?

"Dit was meer 'n paranoid gevoel van 'gaan hulle hom laat val?' of 'gaan hy nou woelig wees en hulle gaan nie kan skiet nie?'-gevoel as wat dit jaloesie was, maar dit was maar 'n harde pil om te sluk omdat hy nie sy oë van Nadia (Karakter Pippa Malbherbe) kon afhou nie."

Alle  mamma's weet hoe belangrik is roetine vir 'n baba, hoe werk julle roetine met voeding en slaaptyd as julle op stel is?

"Noah is baie lief vir kar ry, so elke keer op pad Binnelanders toe slaap hy todat ons hom moet aantrek in Dian se klere, dan raak hy so stadig maar seker wakker. Ek het geborsvoed (en moedig elke swanger mamma aan om dit te doen, dis die beste medisyne vir ALLES) tot twee weke terug maar moes ongelukkig a.g.v werksure ophou en het hom dan gevoed voor hulle hom kom haal het. Noah is ongelooflik rustig en stroopsoet en huil amper glad nie, nie soos Dian op binnelanders nie. Hy word dan by my gevat en dan slaap hy verder of staar net vir alles wat om hom aangaan. Nadat hy geskiet het voed ek hom weer en dan slaap hy weer rustig op pad huistoe."

Hoe gemaklik is Noah by die karakter Pippa (Nadia Valvekens)? Is hy oor die algemeen gemaklik by ander mense en gee sommer bietjie raad vir ander mamma's wat sukkel dat baba vir mamma nie 'n oomblik wil uitlos nie.

"Noah is vreeslik gemaklik by Nadia, asof sy sy regte mamma is. Hy is die gemaklikste baba wat ek al in my lewe teëgekom het, maar is oor die algemeen die soetste dingetjie en huil slegs as hy dors raak en nou so af en toe a.g.v sy tandjies wat uitkom. Ek glo vas dat 'n baba van geboorte af gewoond gemaak moet word aan ander mense, deur mense toe te laat om meer in aanraking met die baba te kom. Dit was my manier om Noah gewoond te maak aan ander mense, net vir kort rukkies op 'n tyd want hulle lyfies is mos maar sensitief en raak maklik seer."

Foto: Pippa saam met baba Dian. 

Wat doen julle op Noah rustig en kalm te hou wanneer sy rol verfilm word? Is dit iets wat ander mamma's tuis ook kan probeer wanneer hul babas huilerig is?

"Met Noah is dit bitter maklik om hom rustig en kalm te hou aangesien hy ongelooflik rustig en gemaklik reeds is, maar ek moet bieg sy dummy speel ook 'n baie groot rol in sy rustigheid as ek dit so kan stel. Hy is mal oor sy dummy en vir my as dit werk hoekom nie dit probeer nie? Ek as paranoid mamma glo ook in die dummy se vermoë om wiegie-dood te verhoed, en daarom gee ek dit 'n 'thumbs up'."

Deel asb met ons Moomie lesers en Binnelanders kykers hoe dit is met 'n baba op stel?

"Dit is baie interessant en ongelooflik eintlik hoe hulle met babas werk. Noah mag nie meer as 'n uur op 'n slag op stel wees nie, om die verspreiding van kieme te verhoed en 'n baba se "well being" in ag te neem. Net een persoon mag Noah by my vat en aan die akteur of aktrise gee. Hulle is wonderlik met kinders en doen alles in hulle vermoë om dit vir die baba so gemaklik as moontlik te maak."

 

Jou swangerskap:

Wat het vir jou gehelp met morning sickness?

"Ek het in my swangerskap net een keer morning sickness gehad en Coke het vir my wonders gewerk."

Waarsonder kon jy nie klaar kom gedurende jou swangerskap nie?

"Ek kon nie slaap sonder 'n kussing tussen my bene nie en ek kon ook nie klaarkom sonder MCDonald's nie."

Ouerskap:

Enige raad om jou baba in 'n goeie roetine te kry?

"Vir my was roetine vreemd, omdat ek demand feed het. As Noah dors was, het ek hom gevoer, ek moet ook bysê ek was elke dag vir vyf maande by hom gewees, nou monitor ek sy voedings en slaaptye en probeer so ver as wat ek kan daarby te hou. Ek glo dat om jou kind in 'n goeie roetine te kry moet hy al van geboorte af in een geplaas word, voedings elke vier ure, bad elke dag dieselfde tyd, ens."

Wat het ouerskap jou tot dusver geleer?

Ouerskap het my geleer om lief te hê onvoorwaardelik, om geduld te hê, om iemand anders se belange voor my eie te plaas en ook dat ek tot soveel meer in staat is as wat ek in my wildste drome kon droom. Ouerskap het my geleer wat dit beteken om regtig volwasse te wees en die verantwoordelikheid van 'n lewetjie in jou hande te hê, maar meeste van als het dit my geleer dat ek nooit werklik gelewe het tot Noah gebore is nie."

Hoe het Noah se pa die geboorte van jul seun ervaar?

"Hy was oorweldig en regtig ongelooflik opgewonde en dadelik baie beskermend, hy was bang hulle ruil hom om, hy het vreeslik gehuil en net heeltyd vir my gesê: 'Dankie vir die beste geskenk wat ek al ooit ontvang het.'"

Hoeveel ure het jy gister aand geslaap?

"Ek het gisteraand ses ure geslaap."

Enige raad vir donker kringe onder die oë?

"Kringe onder my oë word altyd verwyder as ek slaap NB! en ook as ek baie water drink en koue coconut olie wat in die vrieskas op watte gesit is werk ook soos 'n bom!" - Alta van Wyk

Deel die artikel met jou vriende. 

 

 

Read 3387 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account