Chereé Strydom oor ma-wees #moomieceleb Featured

Ons almal op Moomie is ouers of word binnekort ouers. So ook diegene wat jy sien op televisie en in flieks.

Ons praat met Chereé Strydom...
 
Hoeveel ure het jy gisteraand geslaap?
 
Hahaha! Weet jy ek is wat ek noem ‘a creature of the night’ maar gisteraand het ek seker so vyf ure in gekry. Die aand voor dit toe gaan slaap ek eers 04:00 die oggend, want dit is wanneer ek peak! As die huis stil is dan wil ek bietjie werk.
 
Watter onderlaag gebruik jy vir baie donker kringe?
 
Garnier se BB Cream – hierdie kringe onder my oë is in my familie. My pa en sussies het dit ook en toe my sussies my voorstel aan die produk, moet ek se dit was ‘n groot verligting. Die kringe onder my oë laat my heeltyd moeg lyk. As nog iemand vir my hello sê en dan “shame jy lyk moeg” se gaan ek 'n aar bars!
 
Hoe het jy gekraam?
 
Ek wou so graag normaal kraam met Taylor-Hope maar kon ongelukkig nie. My water het gebreektwee ure voor Nuwejaars 2011 en omdat ek normaal wou kraam, het die dr. my huis toe gestuur. Dit was 'n aaklige drie dae – sy is eers op 3 Januarie gebore en daardie drie dae het gevoel soos 'n leeftyd! Ek kon toe nie ontsluit nie en moes toe 'n keiser kry. Die ervaring was nogals vir my nie so aangenaam nie. Dit het soos ‘n out of body experience gevoel. Ek kon voel hoe drs my lyf ruk, maar niks voel nie, nogals strange, maar ek onthou goed dat hulle vir my Tally gewys het en ek en Wynand het vir ‘n foto gepose en toe Wynand haar uit die kamer uit stoot, toe word ek naer. Maar sy is gesond en dis al wat saak maak!
 
Wat is die een ding wat jy tydens jou swangerskap nie sonder oor die weg kon kom nie?
 
My man! Hy is my steunpilaar waarop ek baie staat maak. Sy ondersteuning deur die tyd was ongelooflik, hy het sommer in die tyd begin kos maak en ontdek dat hy sommer 'n natural chef is. Hy het seker gemaak ek rus soveel as wat ek kan en het regtig vir my op sy hande gedra.
 
Wat is die oulikste, liefste ding vir jou van jou kind?
 
Albei my dogtertjies Taylor-Hope (5) en Bella-Joy (3) is baie liefdevolle kinders. Hulle sal gereeld vir my uit die bloute net sê ‘I love you mommy’ – dit maak my hart so warm. Ek wou nog altyd kinders hê wat liefdevol is, en ek het dit gekry. Elke oggend as Tally skool toe gaan dan vertel ek haar “be kind’ – albei ons kinders is gawe kinders en dis vir my mooi.
 
Wat het ouerskap jou tot dusver geleer?
 
Ouerskap het my geleer om nooit myself te onderskat nie. As ons dit kon regkry om die tweetjies tot op hierdie stadium so mooi groot te kan maak, met al die uitdagings en laat aande en tyd wat kinders opvat, dan kan ek enigeiets doen! Ouerskap het my ook geleer hoe belangrik dit is om 'n goeie voorbeeld te wees vir jou kinders. Ek kyk na my twee en sien hoe se hulle goedjies wat ons sê of doen wat ons doen dan besef ek hulle kan net leer oor die wêreld die dinge wat ons hulle blootstel aan. So ja, ouerskap het my geleer om mooier mens te wees want ek wil hê my kinders moet by my leer.
 
Watter boeke het jy gelees met jou swangerskap?
 
Eerlik, ek is nie 'n groot leser nie, maar tydens my swangerskap het ek dit baie geniet om tydskrifte te lees. Ek wou voor my eerste dogter alles weet oor nuwe ma wees. Daar is klomp stunning tydskrifte op die rakke deesdae en meer as genoeg leesgenot.
 
Read 1925 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account