Hoeveel ure het jy gisteraand geslaap?
"Vyf ure. Maar dit is werk se skuld nie, my meisiekind sin nie."
Wat is jou raad vir donker kringe?
"Slaap. Slaap. Slaap en nog slaap."
Hoe het jy die geboorte van jou kind ervaar? (Wou jy bv. flou raak - of soos my man, self die laggas gebruik! :-))
"My dogtertjie is al ses en in Graad 1. Die swangerskap deel is ver terug maar ek onthou dit nog goed. Dit was die grootste wonderwerk wat ek al ooit beleef het. Ek was stomgeslaan, ek het nuwe respek vir alle Mammas in die wêreld gekry."
Wat is die een ding wat jou vrou tydens haar swangerskap nie sonder oor die weg kon kom nie?
"Google. As daar 'n baba vraag was - Google dit."
Moes jy al 'n "tantrum" in die openbaar afweer?
"Ja, maar ek het nie aandag daaraan gegee nie. Eers by die huis die gesprek gehad."
Wat is die oulikste, liefste ding vir jou van jou kind?
"Ek is mal oor haar sin vir humor. Sy laat my lekker lag. Sy het ook 'n baie mooi hart en omgee vir ander mense."
Wat het ouerskap jou tot dusver geleer?
"Unconditional love. Ons weet nie regtig wat dit is tot 'n mens kinders het nie."
*Ivan Botha is 'n Suid-Afrikaans akteur. Hy en Donnalee Roberts het die nuwe Afrikaanse fliek, Vir Altyd, geskryf, geproduseer en ook self die hoofrolle in die fliek gespeel. Kyk na die lokprent van Vir Altyd hier.
