So is my kind geboelie:
“My seun, Connor, is ’n gr. 9, 'n leerling op die Verenigde Leerling Raad (VLR) in die Wes Rand. Een van sy mede VLR-lede het op ‘n dag, vir geen rede net die kinders begin sny met ’n skerpmaker-lemmetjie. Connor is een van die kinders wat gesny is. ’n Lelike, diep sny aan sy been.”
Hoe het julle as ouers reageer op die voorval?
“Die voorval het toevallig op die dag van oueraand gebeur. Ons het ’n formele klag gelê by Connor se voogonderwyser, wat dit die volgende dag by die skoolhoof sou indien.”
Boelies dreig my kinders
“Hierdie boelie moes uitgevind het dat dit Connor was wat hom gaan split het. Hy het vir Connor gedreig en gesê ‘ek sal jou terug kry daarvoor en die lewe vir jou hel maak’.
Hulle het toe my jonger seun, Reuben, gr. 7, begin teister. Eers het die boelie se boetie vir Reuben geklap en daarna het hy vir Reuben gesê, ‘ons kry jou môre na skool’.
Die volgende dag was daar 11 hoërskoolseuns wat vir Reuben gewag het. Ek was gelukkig daar om die situasie te keer en het hulle gewaarsku. Jy kon sommer sien uit watter tipe ouerhuise hierdie kinders kom.”

Dit hou net nie op nie
“Hierdie selfde groepie seuns stap daagliks verby my huis. Hulle het my honde begin tart. Weereens het ek hulle gewaarsku, dat ek nie verantwoordelikheid sal vat as dit honde hulle byt nie. Hulle het my en my seuns gevloek en sleggesê.”
Hoe reageer die boelies se ouers?
“Hulle was almal daardie selfde aan nog by my huis gewees. Baie geskok toe ek hulle vertel wat hulle seuns doen. Verbasend het die een ouer sy nommer vir my gegee en gesê ek moet hom dadelik laat weet as dit weer gebeur. Hoe hierdie ouers die situasie met hul kinders hanteer het verder, weet ek nie. Ek kan maar net hoop dat dit nie weer gebeur nie.”
Hoe hanteer die skole boelies?
“Na die voorval wat die boelie vir Reuben geklap het en die hoërskoolseuns hom ook getakel het, het ek weereens ’n klag by die laerskool, sowel as hoërskool, ingedien. Die boelie wat Connor gesny het met die die lemmetjie is van die VLR geskors en die anders seuns is slegs gewaarsku. Die skole sien dit nie as ’n ernstige saak nie en doen byna niks omtrent boelies nie. Hulle gebruik die verskoning dat hierdie kinders uit slegte huislike omstandighede kom. Dit is al meer as ’n maand terug wat die voorval gebeur het en nog nie een van die twee skole het al enige terugvoer vir my gegee nie.”
Hoe het hierdie insidente jou seuns beїnvloed?
“Reuben het verskonings uitgedink om nie skool toe te gaan nie, hy was bang.”
Jou raad?
“Moenie wys jy is bang nie, die maak die situasie erger. Wys vir daardie boelie dat sy optrede jou nie werklik pla. Staan op vir jou self. As iets gebeur gaan vertel dadelik die naaste juffrou of leerlingraad. Vertel jou ouers sodat hulle dit by die skool kan aanmeld.”
