Wendy Conradie - ma van die week Featured

Wendy is as kind geboelie en sorg dat daar nie dieselfde met haar kinders gebeur nie

Sy is 'n ma van twee kinders, 'n seun van vier en 'n dogter van vier en 'n half jaar oud. Sy gesels met ons oor ouerskap en dan ook die invloed wat boelies op haar gehad het.

Wat is ’n vinnige, maar gesonde snack vir die kinders?

Piesangs, rosyne en vrugtelekkers.

Wat is jou raad vir:


Brand boudjies
Sudocrem werk die beste. En vir baie erge brand gebruik ek Medaspore.


Tande kry
Prodol en pansoral.


Potty training 


Moenie voor 3 jaar begin nie. Bly weg van pull ups deur die dag. Gebruik onderklere sodat hulle leer dat daar nie meer a doek is nie. Moenie sweets gee nie. Om die toilet te gebruik is allerdaags.

Morning sickness
Ek het nie dit ervaar nie. Dankie tog.

Het jy geborsvoed en hoe lank?
Ek het vir so drie weke. Was net te erg seer gewees.

Op watter ouderdom het jou kinders:
Eerste tand gekry?
Hulle het baie vroeg. Al by drie maande begin met kwyl en rooi geswelde gums. Sussie het sommer vier tande op 'n keer gesny. Tande kry was elke keer 'n nagmerrie.


Begin kruip
Seun op vyf maande en sussie op 'n jaar.


Begin loop
Seun op 11 maande en sussie op 1 jaar en vyf maande.


Eerste woord gesê
Op ongeveer agt maande.

Was jy al ooit vir ’n familie fotosessie? Indien wel, wat is jou raad vir ma’s as die kinders nie wil saamwerk nie?

Nee nog nie. Maar beplan om binnekort een te doen

Jou opinie oor groot eerste verjaardag partytjie?

Ouers gaan oorboord... gaan meer oor die grootmense impress as oor die kinders.

Geskenk-idees vir dogtertjies/seuntjies 1/2/3 jaar oud.

Ek hou van opvoedkundige items gee. Hang af of die ma die puzzle ens. saam met die kind sal bou.

Is jy ’n werkende mamma of ’n tuis bly mamma?

Tuisbly-mamma.

Hoe hou jy jou kinders besig op die langpad?

Eetgoed... baie baie eetgoed. Hulle is eintlik mooi soet. 

Wendy, jy is as kind geboelie op skool. Watter invloed het dit op jou as kind gehad en ook nou as groot mens?

Dit het my selfbeeld maar 'n knou gegee. Ek het na skool In China gaan au pair. Daar het ek weer my selfbeeld opgebou. Ek moes leer om selfstandig te wees en groot te word. 

Wat het jou ouers gedoen omtrent die feit dat jy geboelie word?

Hulle het nie van dit geweet nie.

En wat sal jy nou anders doen teenoor jou kinders?

Net eenvoudig so 'n goeie verhouding met hulle te hê dat hulle vrymoedig sal wees om sulke goed met my te deel.

Watse advies gee jou kinders om te verhoed dat hulle ook geboelie word?

Dis nie vriendskap nie. En dis nie die soort maats wat hulle wil hê nie.

Het jy enige raad vir ander ma's wie se kinders geboelie word?

Moet dit nie net daar los nie. En glo jou kind.

Lees ook oor die tuisbly-mamma se moeilike besluit om haar werk op te gee, as deel van die Change Exchange, met Bright Rock. 

Read 953 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account