Hoe oud is jou kinders?
Ek het twee dogters, Anika is vyf jaar oud en Mia is vier.
Wat is ’n gepaste ouderdom vir kinders om selfone en tablets te kry?
Kinders het nog nie die verantwoordeliksin om fone te gebruik nie. Miskien as hulle 16 jaar oud is.
Watter metode van dissipliene werk vir jou kinders?
'n Raps op die boud. Geen televisie, time out of kamer toe vir paar minute.
Wat is in jou medisyne tassie?
Panado, pleisters, Salvon, verkoue stropie, en Vicks vir borsies.
Deel met ons jou gunsteling resep wat ook lekker is vir kinders.
My kinders hou nie van vleis nie. Worsies en chippies. Hoender, rys, pampoen en soetwortel.
Geskenk-idees vir dogtertjies drie tot vyf jaar oud.
Opvoedkundige speelgoed is goedjies wat hulle sal geniet. Blokkies, puzzles rygkrale, ens.
Wat is ’n Ma?
Ma is die steunpilaar. Hou haar gesin bymekaar. Bid saam haar man en kinders. Is altyd daar vir hulle.
Sonica, jy is as kind geboelie op skool. Vertel ons hoe dit is om geboelie te word en die invloed wat dit op jou gehad het.
Ek is van laerskool dae af geboelie, maar meer verbally. Daar was ook 'n geval waar die meisies tamatiesous agter my rok gespuit het. Dit was baie vernederend. Ook eenkeer het iemand gesê ek moet stil bly my stem irriteer haar. Klein goedjies.
Watter invloed het dit op jou as kind gehad en ook nou as groot mens?
Ek het teruggestaan en my persoonlikheid het gely daaronder. Ek het skool gehaat. Dit het my akademie ook beïnvloed.
Wat het jou ouers gedoen omtrent die feit dat jy geboelie word?
My ma het gereeld skool toe gegaan. Ek kon nie vir myself opkom nie. My ma het maar dit gedoen.
En wat sal jy nou anders doen teenoor jou kinders?
Dieselfde, behalwe hulle hoef nie terug te staan nie. Ek leer my kinders van kleins af hulle het ook 'n reg.
Watse advies gee jou kinders om te verhoed dat hulle ook geboelie word?
Loop met trots. Kop omhoog.
Het jy enige raad vir ander ma's wie se kinders geboelie word?
Moenie jou kinders aan hulle eie genade oorlaat nie. Staan hulle by. Dit kan hulle maak of breek.
