question-circle Hoe om die nagdoek uit te fasseer?

16 years 1 day ago #117126 by sexy~hexy
LOL ok, nee wat, Jayden is 'n ligte slaper (maar as ek hom moet wakker maak in die oggende is dit 'n missie)...soos as hy bv in die kar of op die bank aan die slaap raak en ons tel hom op om kamer toe te dra, dan word hy wakker en moan en is huilerig...

Maar ek gaan kyk vir daai mattress protector en dan gaan ek volstoom begin.

Dankie almal!

File Attachment:

File Attachment:

Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #117113 by Stilettomum
Joli wou nou net die sele se, ek het net vir amandalynn opgetel en op die toilet gesit vir haar gese sy is op die toilet sy moet piepie, sy het en dan sit ek haar weer ini bed.

Northern Suburbs, Cape Town

Im a halfday working mom of 2 wonderful little girls, most days I just smile and nod and pretend that I know what I'm doing as a parent, but we all know its not true...

Amandalynn Nora Coetzee - 28 June 2006
Lorelai Charlotte Nortje - 27 January 2010
Decided to start trying for another baby - 08 October 2016

The place where I just let it rip! Mostly about my children and then a bit about me... thestilettomum.wordpress.com/

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #117100 by *Joli*
SH - jy kan die protector by Sheet Street koop - maak net seker dis die een met die plastiek onder.

Megan se doek was ook elke oggend sop nat en toe sy vir ons se - no more nappy - toe is sy droog! O en Kayla het nie eens wakker geword as ons haar op die toilet gesit het nie - het haar net gevat - broekie afgetrek oor die toilet gehou en dan weer terug bed toe. Miskien sal 'n paar aande se nat word help.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #117088 by sexy~hexy
Dankie almal :)

Jayden drink ook nie iets in die aande nie, maar tog is daar baie oggende wat die nagdoek vol gepiepie is. En ai, met die dat dit nou somer is, raak hy ook maar dors :S

Hoe werk die mattrass protector? :blink: En waar kan ek van dit koop?

Ek weet ook die deur die nag wakker maak gaan nie werk nie, hy is nogals grumpy as mens hom wakker maak, maar wanneer hy self wakker word is hy die vrolikheid van self LOL

File Attachment:

File Attachment:

Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #117044 by annk
wat ek gedoen het met my 2 was geen drinkgoed na 6 in die aand nie. hulle gaan slaap so 20:30 so voor slapenstyd moet hulle gaan piepie.
my dogterjie was 3 toe sy die nagdoek gelos het. ek het gewag totdat sy self droog wakker word in die oggend. groot ophef daarvan gemaak matress protector op gesit en siedaar. daar was nog glipsies maar dit was gou oor.

my seuntjie is 3 jaar en 4 maande en is nou so maand van die nag doek af. ek het ook met hom gewag totdat hy self droog wakker word. ek glo nie daarin om hulle wakker te maak in die nag om toilet toe te gaan nie. hy het baie goeie blaas beheer en het nog nie eenkeer 'n glips gehad nie. :)

Mom of a girl 6 and a boy 4. working half day at interior decorator
living in Gauteng

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #117000 by Stilettomum
SexyHexy

My dogtertjie was Junie 4 en het eers so n paar maande tergu van die nag doek afgekom. my ooreenkoms met Amandalynn was die volgende: sy mag niks drink na 6 in die aande nie, ek vat haar om te gaan piepie voor sy gaan slaap en dan weer voor ek gaan slaap. as sy vir n week lank droog bly somder probleme toe sit ek vir haar n pantie aan. nooit weer n doek nodig gehaat nie.

weti of dit gaan help nie.

Northern Suburbs, Cape Town

Im a halfday working mom of 2 wonderful little girls, most days I just smile and nod and pretend that I know what I'm doing as a parent, but we all know its not true...

Amandalynn Nora Coetzee - 28 June 2006
Lorelai Charlotte Nortje - 27 January 2010
Decided to start trying for another baby - 08 October 2016

The place where I just let it rip! Mostly about my children and then a bit about me... thestilettomum.wordpress.com/

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #116999 by *Joli*
Kayla was al oor die 3 toe sukkel ek nog met die nagdoek. Het dit maar net heeltemal weg gevat en 'n mattress protector opgesit. Sy het 'n hele paar glipsies gehad maar nou ja. Het haar ook laat in die aande, voor ek gaan slaap het, toilet toe gevat. Megan is nou 2 jaar, 9 maande en heeltemal af van die nagdoek. Sy het net een aand vir ons gese sy soek nie meer 'n doek nie en so was dit. Sy word selfs wakker en roep haar pa as sy wil gaan piepie in die vroee oggend ure :ohmy: - baie in my noppies met haar! Sterkte. En onthou die mattress protector.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account