Hallo almal!!!!
Elrike - bly julle het die naweek geniet saam met Luwan! Hahaha, ek en jy kan saam vir Dolly 'n go gee!! Goeiste, ek moet ook vir my van daai Carriwell bra's kry, is dit lekker gemaklik? Ek het so paar jaar terug 'n borsverkleining laat kry, maar die hemel weet, hierdie outjies is so seer, geswel en gevoelig!! Nou is ek bly, imagine hoe groot dit dan sou gewees het! LOL!
Lizel - Geluk met die dogtertjie!!!

Ek is bly sy is gesond en groei mooi!
Hi Mariet - die naweek was heerlik dankie. Was so lekker om my ouers weer te sien. Maar DH en pa was natuurlik vasgenael voor die tv om al die rugby te kyk, so by gesels het ons nie eintlik uitgekom nie!

Het my ooreet aan my ma se boontjiesop. Yummy!!!!!!
Skitter - dis die mooiste foto's! Dankie. As mens getwyfel het of dit 'n seuntjie is......wel, daar het jy dit!!!
Lindy - laat weet ons van die vergadering....... ons dink aan jou! En die kot is soooo mooi!!!!!
Mariet - ek glo nie jy't iets om oor bekommerd te wees nie. My enetjie is ook nou bietjie stiller, hy was altyd baie woelig en mense kon nie glo ek voel dit al nie. Maar nou dat dit 16 weke is, is hy sommer baie stil. Maar ek is seker hy is nou net in 'n ander posisie. Ek dink, geniet dit eerder om so goed te voel!
Hi Chanz and Joey - how are you doing?