Hi julle almal!!!
Dit gaan goed dankie!!! Ek is ook amper kontant besig om babatjie te voer, Luwan besig te hou dat ek nie eers tyd kry om my foon te antwoord nie! Ek kry al raas, want ek vanaand eers my voice mails geluister en van hulle is al ouer as 'n week....

NOu slaap almal - die tyd wat ek het om oproepe ens te beantwoord!!! LOL
Edrich is 'n regte Engeltjie!!! Seker die soetste seuntjie in die wereld! Hy het net 'n stemmetjie aan hom, as hy honger is.... Maar dit is al wanneer hy huil! Hy wil net soms elke 2 ure eet... Maar daar gaan tye verby wat die elke 4 ure is, so ons het nog nie heeltemal 'n roetine nie...

Gelukkig borsvoed ek, so dit is nie heeltemal 'n probleem nie - die kos is altyd naby!!!
Luwan se ore is steeds bietjie op vakansie...maar ons werk daaraan om hulle gou weer op hul pos te kry! Ons het hom vandag bietjie bederf en hom na die "Roodepoort Society of Small Motor Engines" gevat! Klein treintjies etc, waarop ons kon ry!!! HY was in die wolke - my kind het 'n obsessie met treine... Daarna het ons Hillfox toe gegaan, Carike Keuzenkamp, Ghoempie en Ghoegoe was daar...Hy was in die wolke om hulle te sien! Ons het net nie in die tou gestaan vir fotos nie - Jitte, die tou was vrek lank en dit het effens begin reen.... Sal maar volgende keer!! Sy het gereeld 'n konsert daar!!
Ek wil gou by julle hoor....Ek is nou al so gatvol vir die doeke, want alles wat ek probeer lek - maak nie saak hoe Edrich le nie, een Piepie en sy klere is sopnat! (Ek change +- 6keer op 'n dag sy klere) Ek het nou al 2 keer deurgeloop wat hy op my skoot geslaap het, en dan voel ek die straaltjie.... Ek het nou al Huggies Newborn nr 1, Pampers Newborn nr2, Pampers Sleep and Play Nr2, probeer.... Ek is raadop....
Hoe gaan dit met julle ander? Enige nuus van Pikkewyn? Haar bondeltjie is seker Vrydag gebore!!!
Christi - Ek het al die foto's op FB gesien! Jou seuntjie is pragtig! Iris lyk baie trots op haar boetie! Weereens baie geluk!!!
Deja - Dit is cool wat Sion beteken... Bly dit gaan ook goed by jou! Mens kan nie jou indink hoe vinnig sulke klein mensies in mens se hart kan kruip!!! Ek is oneindig baie lief vir my 2 kinders - en altwee het 'n spesiale plekkie...!
Skitter - Geluk met Liam wat begin smile!!! Dit is kosbaar om hulle te sien smile!!!! Bly dit gaan ook goed aan jou kant!
Lindy - jou fotos is stunning!!
Chanz - jou seuntjie is pragtig!!!
Lizel - hoe gaan dit met jou?
Al die ander wat nog wag op jul bondeltjies... die tyd raak nou min!!!! Ek is sommer opgewonde om net daaraan te dink!!! Sterkte vir die laaste paar daggies!!!
Ek moet seker bietjie gaan slaap, voor Edrich besluit dit is weer opstaan tyd!!! Hopelik slaap hy to 4h00!!!!

Hy het seker 00h30 finaal begin slaap! Nadat hy my leeg gedrink het!!!