Hallo almal!!!
Deja, baie geluk met die kleinding!! Kan nie wag om foto's te sien nie! Nou raak ons klompie wat nog pensies het, darem maar min! Dis vir my mooi!!!!
Welkom Pikkewyn! Jy praat van babakamer..... ek MOET dit nog doen, dis genoeg rede om my te laat tjank. Ek moet nog die kot en die kassie verf, een oomblik is ek vol moed en durf, en die volgende oomblik wil ek als net los. So well done vir jou wat begin het met die babakamer! Ja, hehehe, pasop, Deja het ook so gevoel en toe is dit so.
Skitter, ek is bly Liam is so 'n engelbaba, geniet hom! Hoop julle kry gou sy paspoort.
Sal later verder personals doen, amper huistoegaantyd! Yay!! Hi Lindy,Bule,Elrike,Tanz,Lizel, Christi! Oh, and Chanz!
Kan nou nie wag vir ML nie, is baie moeg. My pens kap teen my lessenaar, dis verskriklik seer, ek wil net agteroorsit, maar dis nou nie heeltemal moontlik hier nie. En slaap saans is buite die kwessie, dis sooooo ongemaklik!!! En dan het ek nog verkoue ook. Oor ML, ek wil graag die 18de Nov gaan (due date is 30 Nov), en die een baas het gesê dis reg, maar as hulle my nodig het, moet ek maar inkom. Grrrrrrrr, ek wil net bietjie gaan rus, is dit te veel gevra??? Ek is die eerste swanger vrou in 'n bitter lang tyd hier by die werk, so ek dink nie die mans weet heeltemal hoe om dit te hanteer nie, of hoe ek moet voel nie. O ja, ek kry sulke steekpyne in my blaas af, wat kan dit wees? Dis beslis nie blaasinfeksie nie, en ook nie gereeld nie. Dis net seer op daai oomblik.
Goeiste, nou't ek genoeg geklets, hoop almal het 'n lekker Maandag gehad, huistoegaantyd vir my! Toedels!!! xx