Hi julle!
Sien vandag gesels julle baie!! Dit is lekker, om te sien hier is darem nog lewe! Ek het al die posts gelees, maar nou is ek so blank ek kan amper niks onthou nie!! Ek is al vandag oorval met "blonde oomblikke". Eers kon ek nie onthou of ek al my pregnancy met discovery bevestig het nie... gelukkig het ek...!
Congratz Joey!!! Now you are a autie!! LOL Your time is near... Soon you will hold your baby in your arms...
Deja - ek so net so woedend gewees het as iemand sulke comments maak.... My skkonsus is nogal een wat nou vir my se.. sjoe, maar jy word nou groot. Ek troos my darem daaraan dat ek kleiner is as wat ek was met Luwan, so ek stres nie te veel nie! Ek sal maar niks se van haar nie! LOL Ek is bly alles gaan darem goed met jou en boetie!
Chanz - Die kamer lyk pragtig!!!
Lizel - ek sou uitgefreak het, as die mediese fonds daardie detail met my moes deel vandag! Ek dink nie mens kan net van dr verander nie - of wel ek glo ook nie ek sou nie! Ek love my dokter! Ek het nou-net met my medies bevestig. As ek request vir 'n Privaat kamer, betaal ek die volle bedrag, maar as ek weens mediese redes in 'n Privaatkamer moet wees word ek tenvolle gedek... So ek sal maar weer hoop soos laas keer om aleen te wees in 'n dubbel kamer!!!!
Christi - Bly dit gaan goed met jou en met jou seuntjie! Hy is 'n stewige gewiggie! LOL Ek sien my dr weer die 28ste, dan sal ons sien hoe die knapie groei!
Almal wat foto's gepost het van julle magies - dit is so cute!!! Min dae!!
Lindy - Jy is gelukkig om oor 6 weke op ML te gaan.... Ai ek wens ek kon ook op ML gaan.... (Al is ek eintlik altyd op ML, ma wees en vir jouself te werk, het mens nie regtig verlof nie)
Liz - die spieel is stunning! Ek wil nog 'n bordjie maak vir Weiss se deur... Ek moet net by die craft winkel uitkom! Sy gordyne en duvet is klaar - dit moet net opgehang word...! Sal maar pappa se arm draai een of ander tyd!
Verder gaan dit goed met ons! My rug raak net baie seer nou in die aande... en ek het nogal seer tussen my bene, by my lieste...(as dit maar net as gevolg van pret was), maar nou ja, dit sal seker weer beter word! Ek hoop so! Weiss, beweeg baie deedae en hy skop ook baie! Dink dit spasie raak min, so as ek aan my maag raak, dan beweeg hy!! Ek was vanplan om vandag my hospitaal goed te gaan koop, maar het nou nie daarby uitgekom nie! More is ook nog 'n dag!!!
Ek vra verskoning as ek enige iemand vergeet het.... Hoop julle het almal 'n fantastiese aand.
Gesels weer!